SuperSport Schools Plus

Vryburg en Die Wilgers kan mekaar reeds vanjaar in halfeindronde ontmoet

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-07-31 Tags: , ,

Die twee verdedigende kampioene van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup, Hoërskool Vryburg en Die Wilgers, staan nog sterk in vanjaar se reeks.

Die twee spanne sal mekaar egter vanjaar reeds in die halfeindronde ontmoet indien hul die naweek se kwarteindronde oorleef.

Vryburg kom Saterdag teen Vereeniging Gimnasium in die kwarteindronde te staan. Die Noordwes-kampioen het in sy uitspeelwedstryd vir Standerton met 36-17 verslaan.

Vereeniging Gimnasium was naelskraaps met 24-22 teen Lydenburg baas. Lydenburg se buitesenter, Siya Fakude, het een van sy span se drieë afgerond. Dit was Fakude se 23ste drie vir sy skoolspan dié seisoen.

Die Wilgers sal in die kwarteindronde teen Puma-kampioen, Curro Nelspruit, sake uitspook. Die span van Pretoria het sy plek in die ronde met ‘n sege van 37-29 oor die Hoërskool Nylstroom bespreek.

Curro Nelspruit beleef self ‘n skitterende seisoen en het vir Piet Potgieter met 37-7 ore in die uitspeelwedstryd aangesit.

Hoërskool Erasmus van Bronkhorsspruit sal in sy kwarteindstryd vir die Hoërskool Brits die stryd aansê. Erasmus het die Valke se kampioen, Delmas, met 24-15 in die uitspeelronde uitgeskakel. Brits was met 35-6 oortuigend baas oor Zayo Academy om sy plek in die kwarteindronde te bespreek.

Bastion gaan sonder twyfel ook ‘n groot rolspeler in vanjaar se reeks wees. Die span van Roodepoort het vir Volksrust met 40-19 in die uitspeelronde verslaan. Die Leeus se kampioen sal in die kwarteindronde teen Overvaal te staan kom.

Die span se kaptein en skrumskakel, Juan Venter, asook die heelagter, Liam Jacobs, is spelers wat hul teenstanders hoofbrekens kan besorg.

Puntemakers: 

Die Wilgers 37 (22) – Drieë: Tian Joubert, Ajay Lottering, Ruben Botha, Vicky Beukes, Jeandré van der Walt. Doelskoppe: Armand Griessel (3). Strafdoele: Griessel (2). Nylstroom 29 (3).

Bastion 40 (19) – Drieë: Liam Jacobs (2), Michael Bester, Heinrich Albrecht, Bennie Paich, Aiden Gerber. Doelskoppe: Juan Venter (4), Devlin du Preez. Volksrust 17 (0).

Vryburg 36 (24) – Drieë: Johannes Haasbroek (2), Hanco Halgryn, Ben van Niekerk, Diaan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Zander Ackerman. (4). Strafdoel: Ackerman. Standerton 17 (5).

Lydenburg 22 – Drieë: Stefan van der Berg, Elje Kok, Siya Fakude. Doelskoppe: Fakude (2). Strafdoel: Fakude. Vereeniging Gimnasium 24.

Ander spanne: 

Eerstespanne: Erasmus 24, Delmas 15; Curro Nelspruit 37, Piet Potgieter 7; Vereeniging Gimnasium 24, Lydenburg 22; Brits 35, Zayo Academy 6; Overvaal 21, Louis Trichardt 19.

o.16: Die Wilgers 21, Curro Hazeldean 17; Wolmaransstad 29, Erasmus (Bronkhorstspruit) 0; Nylstroom 38, Delmas 8; Birchleigh 28, Zayo Academy 25.

o.15: Standerton 17, Vryburg 7; Nylstroom 16, Birchleigh 7; Louis Trichardt 17, Die Wilgers 12; Wolmaransstad 38, Curro Hazeldean 5; Bergvlam 20, Delmas 0;

o.14: Standerton 12, John Vorster 12 (Standerton het eerste punte aangeteken); Brits 31, Bergvlam 31 (Brits het eerste punte aangeteken); Nylstroom 13, Die Wilgers 5; Louis Trichardt 19, Vereeniging Gimnasium 10; Hartbeespoort 24, Erasmus 5.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.