Vonke gaan die naweek in Vryheid tydens Sewesreeks spat
Die poppe gaan behoorlik dans Vrydag en Saterdag in Vryheid tydens die vyfde been van die Hoërskole Sewesreeks wat deur Pionier aangebied word. Die toernooi sal sonder twyfel die hardste van vanjaar se toernooie in die reeks wees.
Die toernooi sal regstreeks via Internet TV op Fanstream.co.za gebeeldsend word. Wedstryde kan via selfoon, tablet, skootrekenaar en Slim TV’s gekyk word. Al die wedstryde op die A-veld sal gebeeldsend word.
Glenwood en Durban High School het verlede Saterdag mekaar in die eindstryd van die toernooi wat deur Glenwood in Durban is die stryd aangesê. Durban High School het met 17-14 as kampioene van die veld gestap.
Boonop is Hoërskool Rustenburg wat as kampioen van die Rustenburg-been van die reeks gekroon is, sal ook in Vryheid in aksie wees. Noordheuwel van Krugersdorp wie se enigste nederlaag teen Rustenburg verlede week was, sal ook in Vryheid in aksie wees.
Durban High School is saam met Hoërskool Middelburg, Noordheuwel en Wilgerivier van Frankfort in Groep A geloot. Wilgerivier het vroeër vanjaar tydens die Bloemfontein-been van die reeks gewys dat hy nie sonder handskoene gepak kan word nie.
Die gasheer, Pionier, is ook ‘n skool wat tradisioneel ‘n gedugte sewesspan in die veld stoot. Hy is saam met die Die Anker van Brakpan, Ladysmith en Newcastle in Groep D geloot.
Die eindstryd sal om 16:20 beslis word.
Die Groepe is:
Groep A: Durban High School, Hoërskool Middelburg, Noordheuwel, Wilgerivier.
Groep B: Glenwood, Hoërskool Rustenburg, Vryheid, Pionier II.
Groep C: Westville Boys’ High, Bergvlam, Dr. Malan, Vryheid Landbou.
Groep D: Pionier, Die Anker, Ladysmith, Newcastle.
Al die bepalings:
Vrydag, 25 Augustus 2017
A-veld: 14:30 – Pionier vs Newcastle; 14:50 – Die Anker vs Ladysmith; 15:10 – Westville Boys’ High vs Vryheid Landbou; 15:30 – Bergvlam vs Dr. Malan; 15:50 – Glenwood vs Pionier II; 16:10 – Hoërskool Rustenburg vs Vryheid; 16:30 – Hoërskool Middelburg vs Noordheuwel; 16:50 – Durban High School vs Wilgerivier; 17:10 – Pionier vs Ladysmith; 17:30 – Die Anker vs Newcastle; 17:50 – Westville Boys’ High vs Dr. Malan; 18:10 – Bergvlam vs Vryheid Landbou; 18:30 – Glenwood vs Vryheid; 18:50 – Hoërskool Rustenburg vs Pionier II; 19:10 – Hoërskool Middelburg vs Wilgervier; 19:30 – Durban High School vs Noordheuwel.
Saterdag, 26 Augustus 2017
A-veld: 08:00 – Pionier vs Die Anker; 08:20 – Westville Boys’ High vs Bergvlam; 08:40 – Glenwood vs Hoërskool Rustenburg; 09:00 – Noordheuwel vs Wilgerivier; 09:20 – Durban High School vs Hoërskool Middelburg.
B-veld: 08:00 – Ladysmith vs Newcastle; 08:20 – Dr. Malan vs Vryheid Landbou; 08:40 – Vryheid vs Pionier II.




