SuperSport Schools Plus

Virsekerbeker se Plaat-kompetisie se bepalings vir 2021 bekend

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2021-03-23 Tags: , , , , , , , ,

VirsekerBekerlogoDie Virsekerbeker se Plaat-kompetisie (Afdeling 1) is waarskynlik een van die taaiste skolerugbyligas in Suid-Afrika.

Vanjaar se liga sal op Saterdag, 15 Mei afskop met agt van die nege skole wat tydens die eerste ronde wedstryde in aksie sal wees. Die kampioen, Ben Vorster van Tzaneen, sal na Pretoria reis om teen Montana sy aanslag om sy titel te behou af te skop. 

Die Vossies het in 2019 vir Eldoraigne naelskraaps met 37-36 uitgestof om as kampioen gekroon te word. In 2020 was daar geen kompetisie weens die Coronavirus-pandemie nie. 

Eldoraigne wat in 2018 die eerste kampioen van die Plaat-kompetisie was, sal ondanks die feit dat hy in 2021 in die Skild-kompetisie sal speel steeds teen sy aartsvyand Zwartkop in hul jaarlikse ENB Classic Clash te staan kom.

Die kragmeting verskyn ook onder die bepalings onderaan die berig, maar is nie deel van die Plaat-kompetisie nie.

Die Hoërskool Transvalia wat in 2019 nog in die Beker-afdeling in aksie was, het die moeilike taak tydens die eerste ronde om na Mbombela te reis en die Hoërskool Nelspruit se Rhinos die stryd aan te sê. 

Die ander nuweling in die afdeling is die Hoërskool Middelburg. Die Middies het verlede jaar in die eindstryd van die Skild-afdeling teen Hugenote van Springs vasgeval. 

Die halfeindronde van die kompetisie sal op 21 Augustus plaasvind, terwyl die eindstryd ‘n week later op 28 Augustus beslis sal word.

Die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) se bestuur onder leiding van Dr. Jorrie Jordaan van die Hoërskool Alberton het die bepalings vir 2021 se reeks uitgereik. Die bepalings is wel onderhewig aan ‘n aankondiging van die Departement van Basiese Onderwys om toe te laat dat skole teen mekaar kan deelneem vanaf 15 April 2021. 

Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld): 

15 Mei 2021

Zwartkop vs Hoërskool Middelburg
Montana vs Ben Vorster
Kempton Park vs Hoërskool Rustenburg
Hoërskool Nelspruit vs Transvalia

22 Mei 2021 

Kempton Park vs Hoërskool Nelspruit
Zwartkop vs Eldoraigne
Ben Vorster vs Transvalia

29 Mei 2021 

Hoërskool Nelspruit vs Zwartkop
Hoërskool Rustenburg vs Montana
Transvalia vs Kempton Park

5 Junie 2021 

Hoërskool Nelspruit vs Montana
Transvalia vs Zwartkop
Ben Vorster vs Kempton Park
Hoërskool Middelburg vs Hoërskool Rustenburg

12 Junie 2021

Hoërskool Nelspruit vs Hoërskool Middelburg
Hoërskool Rustenburg vs Ben Vorster
Montana vs Transvalia

19 Junie 2021

Zwartkop vs Hoërskool Rustenburg
Hoërskool Middelburg vs Ben Vorster
Kempton Park vs Montana

31 Julie 2021 

Zwartkop vs Ben Vorster
Transvalia vs Hoërskool Middelburg

7 Augustus 2021

Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Nelspruit
Montana vs Zwartkop
Hoërskool Middelburg vs Kempton Park

14 Augustus 2021

Kempton Park vs Zwartkop
Montana vs Hoërskool Middelburg
Transvalia vs Hoërskool Rustenburg
Ben Vorster vs Hoërskool Nelspruit

[powr-comments id=”3e815fd7_1616494039986″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.