SuperSport Schools Plus

Van Aswegen-terugkeer kan Klofies se eindstryd-droogte breek

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-08-16 Tags: , , , ,

DENNIS OBI, losskakel van Hoërskool Waterkloof, duik oor vir ‘n belangrike drie teen Monument verlede naweek. FOTO: Marius Nortje

Die terugkeer van Klofies se kaptein, Riwan van Aswegen, kan ‘n reuse rol speel in die span se strewe na ‘n eerste Noordvaal-eindstryd in 13 jaar.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) of Kanaal 216.

Die Blou Tornado van Hoërskool Waterkloof kom Saterdag vir die tweede agtereenvolgende keer vanjaar teen Hoërskool Monument, hierdie keer in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, te staan.

Die span van Pretoria het reeds die Wit Bulle verlede naweek met 53-45 op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, in Krugersdorp verslaan.

Die laaste keer wat die Klofies in ‘n eindstryd uitgedraf het was in 2011 teen Hoërskool Florida in die destydse Beeld-trofee vir makro-skole, waar hulle met ‘n telling van 42-21 koning gekraai het.

Die Monumentare, daarenteen, het vier keer die eindstryd gehaal en was in 2017, 2018 en 2022 as kampioen gekroon is, terwyl hulle in 2012 as naaswenner uit die stryd getree het.

Die span van Krugersdorp het egter ‘n groot terugslag in sy kleedrepetisie teen die Klofies beleef. Staatmakerslot, Jacques Botha, sal ‘n impak van die bank wil maak terwyl Dean Hartman Botha se skoene in die nr. 4-trui moet volstaan.

Agterlangs beloof die stryd tussen Monnas se Hugo van der Merwe en Klofies se Happy Makate om vir vuurwerke te sorg. Makate, wat verlede naweek ‘n driekuns op die Ras behaal het, skuif weens Van Aswegen se terugkeer van buite- na binnesenter. Verdediging behoort die deurslag te gee in hierdie tweestryd, aangesien albei senters oor uitmuntende aanvalsvernuf beskik.

Klofies se steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, en slot, Stephan de Beer, maak ook hul terugkeer om die Klofie-pak aansienlik te versterk, en Janse van Vuuren se stryd met Monnas se RJ Barnard beloof om soos dié tussen twee wafferse boksers in die kryt te wees.

Die spanne: 

Waterkloof t. Monument om 11:00 in Pretoria 

Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dylan Botha, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

Monument: 15 Theuns du Plooy, 14 Ewan van der Walt, 13 Viandré van Loggerenberg, 12 Hugo van der Merwe, 11 Ernesto Oersen, 10 Hanno du Toit, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Dean Hartman, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Bernard Delport.

Skeidsregter: Francois Naude (Valke)

Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

o.16 

10:00 – Helpmekaar vs Monument; 11:45 – Noordheuwel vs Garsfontein.

o.15 

09:00 – Monument vs Garsfontein; 10:30 – Noordheuwel vs Menlopark.

o.14 

08:00 – Monument vs Noordheuwel; 10:30 – Garsfontein vs Hoërskool Rustenburg.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.