SuperSport Schools Plus

Valke weer voorste span op jaarlikse LSOB-week

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-06-28 Tags:

NewsGValkeLSENDie Valke is vir die tweede agtereenvolgende jaar die nie-amptelike kampioen van die LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes). Die Valke het op sy tuisveld, die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark, die Westelike Provinsie met 24-12 in die hoofwedstryd van die jaarlikse week verslaan. 

Die gasheer het reeds teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 17-9 opgebou. Hy het ook vier drieë in die eindstryd gedruk, terwyl die Streeptruie nie daarin kon slaag om sy doellyn oor te steek nie. Twee van die Valke se vier drieë is deur sy loskopstut, Shelden Human, gedruk. 

Die Valke se kaptein en losskakel, Chezlin Oosthuizen, het met 38 punte die toernooi as die voorste puntemaker afgesluit. Die Blou Bulle se agtsteman, Jared Kleynhans, en die Goue Leeus se Mendes Vangu het elk vier keer tydens die week ‘n draai agter die doellyn gemaak wat die meeste vir ‘n enkele speler tydens die week was. 

Puntemakers: 

Valke 24 (17) – Drieë: Shelden Human (2), Mpumelelo Mdluli, Chae Rouillon. Doelskoppe: Chezlin Oosthuizen (2). Westelike Provinsie 12 (9) – Strafdoele: Joshua Visagie (4). 

Boland 22 (22) – Drieë: Tristan Swartz, Lourens Lotter, Jascy-Lee Prins, William Khoba. Doelskop: Shadley Gertze. Blou Bulle 17 (7) – Drieë: Lethabo Mtsheni, Juandré Kleynhans, Jared Kleynhans. Doelskop: Luan Gouws.

Oostelike Provinsie 27 (10) – Drieë: Lutho Tom, Christopher Andrews, Abel Goeda, Asenathi Peteni, Chivarno Minnaar. Doelskop: Kalbasie Mentoor. Vrystaat 0

Sharks 15 (5) – Drieë: Cameron Bagnall, Anele Banda. Doelskop: Kyle Janse van Vuuren. Strafdoel: Janse van Vuuren. Goue Leeus 14 (7) – Drieë: Karel Lubbe, Juan Janse van Vuuren. Doelskoppe: Henroe Muller (2). 

Goue Leeus 29 (7) – Drieë: Dylan Dowie (2), Mathabisi Moyo, Mendes Vangu, Jade van der Kolff. Doelskoppe: Mazizi Mpolongwana, Dowie. Griffons 21 (7) – Drieë: Regain Mtimkulu, Abbey Seseane, Shane Makoko. Doelskoppe: Ruben Steenkamp (3).

Pumas 25 (20) – Drieë: Maxwell Nkosi, Lethu Baloyi, Stephan Slabbert, Marnix Raubenheimer. Doelskop: Slabbert. Strafdoel: Slabbert. Luiperds 12 (12) – Drieë: Lesego Seikaneng, Enrique de Andrade. Doelskop: Seikaneng.  

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.