SuperSport Schools Plus

Valke se spanne vir die Saru se nasionale weke

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-06-06 Tags: , , , , ,

ValkeDie Valke sal op die eerste dag van die 56ste Cravenweek vir hoërskole in Bloemfontein die ryp van Grey-kollege se veld teen die Luiperds afspeel. Die toernooi vind van 1 tot 6 Julie in die Rosestad plaas. 

Die keurders het slegs een spelers in sy groep van 23 spelers gekies wat voorheen al aan die Cravenweek deelgeneem het. Die span se heelagter, Garren Morris van EG Jansen, is die enigste speler wat verlede jaar ook vir die Valke tydens die toernooi in die Paarl in aksie was.  

EG Jansen het met agt spelers die grootste verteenwoordiging in die span wat na Bloemfontein sal toer. Buiten Morris het die volgende Jansies – Juandré Odendaal (flank), Franco Enslin (agtsteman), Jason Gregory (skrumskakel), Kyle Potgieter (losskakel), Tylon Kotze (vleuel), Kyle Pepler (haker) en Cameron le Vack ook die span gehaal. 

Die Valke kom volgende Saterdag in die vernaamste voorwedstryd van die Noordvaal Bondedag teen die Pumas in sy laaste oefenwedstryd voor die Cravenweek te staan. Hy het in ‘n opwarmingswedstryd vroeër teen die Pumas met 40-52 in die stof gebyt. 

Die Jansies se gevaarlike vleuel Kotze behoort een van die Valke se sleutelspelers te wees. Kotze ken die pad doellyn toe goed en het vanjaar op gereelde reëlmaat die doellyn oorgesteek. Die losskakel, Potgieter, asook die flank Odendaal behoort ook staatmakers vir die Valke te wees. 

Die span word deur Jaco Kok (Transvalia), Corneel van Dyk (Die Anker) en Carl Goss (Transvalia) afgerig. Richard Janse van Rensburg is die spanbestuurder.  

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Garren Morris (EG Jansen), 14 Frederick Malgas (Heidelberg Volkskool), 13 Excellence Enwerm (Carel de Wet), 12 Franco Wagener (Transvalia), 11 Tylon Kotze (EG Jansen), 10 Kyle Potgieter (EG Jansen), 9 Jason Gregory (EG Jansen), 8 Franco Enslin (EG Jansen), 7 Juandré Odendaal (EG Jansen), 6 Thabang Malone (Birchleigh), 5 Tiaan Visser (Transvalia), 4 Ofentse Mlowa (HTS Sasolburg), 3 Kabous Bezuidenhout (Kempton Park), 2 Bernard du Plessis (Transvalia), 1 Ntokozo Hlophe (Springs Boys’ High). Plaasvervangers: 16 Kyle Pepler (EG Jansen), 17 Sonwabo Maseko (Benoni High), 18 Anrich Botes (Transvalia), 19 Nyiko Nkanyani (Elspark), 20 Hope Ngoy (Birchleigh), 21 Cameron le Vack (EG Jansen), 22 Abraham Masou (Transvalia), 23 Lucas Mdluli (Hans Moore). 

Akademie-week: 15 Tsepang Palatse (Hoërskool Sasolburg), 14 Ronin du Toit (Dr. Malan), 13 Heine Flooks (Jeugland), 12 Duane Bloem (EG Jansen), 11 Nico Khumalo (Hoërskool Sasolburg), 10 Neo Matube (Hoërskool Sasolburg), 9 Musi Sithole (Hoërskool Sasolburg), 8 Brandon Smit (Die Anker), 7 Luwasi Khosa (Hoërskool Sasolburg), 6 Bishop Mohono (Transvalia), 5 Darren Timmins (EG Jansen), 4 Tebogo Khazamula (Benoni High), 3 Divan Swart (Kempton Park), 2 Dwaine Lubbe (EG Jansen), 1 Thando Nkosi (Birchleigh). Plaasvervangers: 16 Liam Brooks (Hugenote), 17 Katlego Chimpini (Elspark), 18 Zander Briedenhan (EG Jansen), 19 Edward Evans (Hugenote), 20 Bongani Kubaune (Carel de Wet), 21 Thando Nkabale (Birchleigh), 22 Louis de Bruyn (EG Jansen), 23 Jason Edwards (EG Jansen). 

Grant Khomo: 15 D Twala (EG Jansen), 14 B Kobeka (Delmas), 13 W McGeer (Transvalia), 12 Armand Smit (EG Jansen), 11 A Mokabeng (Delmas), 10 E Olivier (Heidelberg Volkskool), 9 Tristan Lombaard (EG Jansen), 8 Z Zaayman (Transvalia), 7 R Bornman (Dr. Malan), 6 T Ledwaba (EG Jansen), 5 Franco Bredenkamp (EG Jansen), 4 R Mollo (Transvalia), 3 Nicholas Smith (EG Jansen), 2 B Ntsele (Phoenix), 1 N Nhlapo (HTS Sasolburg). Plaasvervangers: 16 M Pieterse (Heidelberg Volkskool), 17 A Speelman (EG Jansen), 18 D du Plessis (Heidelberg Volkskool), 19 J de Bruyn (Hugenote), 20 A Oosthuizen (Kempton Park), 21 K Matoane (HTS Sasolburg), 22 J Skosana (HTS Sasolburg), 23 A Lottering (Kempton Park). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.