SuperSport Schools Plus

Valia reg vir aanslag uit die Oos-Rand

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-03-15 Tags: , , , , , , ,

Dit beloof ‘n stryd soos min wanneer die tradisionele vyande, Hoërskool Transvalia en Hoërskool Kempton Park, mekaar Saterdag in Vanderbijlpark pak.

Volg al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

Albei hierdie spanne is nog segeloos in vanjaar se jong rugbyseisoen en het altwee, die vorige week, teen EG Jansen die spit afgebyt.

Vroeër het die span van Vanderbijl ook, met 19-20, die knie gebuig teen ‘n begeesterde HTS Middelburg, terwyl die Kempies Woensdag hul rieme met 21-63 styfgeloop het teen Hoërskool Waterkloof.

Hierdie naweek se wedstryd behoort nietemin ‘n beter aanduiding te gee, wanneer krag teen krag te staan kom, van die stand van sake betreffende hierdie twee spanne . Die tuisspan gaan effe gebuk onder die beseringspook wat sy opwagting gemaak het, met hul staatmaker op losskakel, Dylan Steynman, wat uitmis weens ‘n ligte besering.

Declan Hattingh beweeg oor van binnesenter om Steynman se posisie as losskakel in te neem, terwyl Brandonlee Smith inskuif op binnesenter. Dihan Crause vervang ook vir die beseerde Kyle Esterhuysen op regtervleuel.

Voorlangs draf Connor Porter op in die plek van flank, Daniel Kazambu, wat noodgedwonge na slot moet skuif in die plek van die beseerde staatmaker, Christiaan Liebenberg.

Kempies se JP Roos kry ‘n kans kry op flank in die plek van Armandt Botha, wat na die wedstryd teen Waterkloof op die krukkelys beland het.

Ettiene Stroebel maak sy eerste verskyning op regtervleuel, nadat Tian Aucamp ook ‘n besering opgetel het teen Klofies. Wian Rieckert, wat gewoontlik in die nr. 14-trui te siene is, sal op buitesenter diens verrig.

Die Kempies sal egter ‘n sug van verligting slaak dat hul gereelde agtsteman, Preston Smith, ongedeerd daarvan afgekom het. Smith sal ‘n kritieke rol hê om te vervul indien die Kempies hoop om voorlangs te oorheers.

Hoërskool Menlopark is daarop uit om dit drie uit drie te maak, wanneer hulle teen Hoërskool Middelburg in die Jakarandastad te staan kom. Die Parkies betree die stryd met ‘n onveranderde span, wat Dinsdagaand gemaklik met 48-7 teen Oos-Moot gewen het.

Middelburg het slegs twee veranderinge aangebring aan die span wat teen Hoërskool Nelspruit vasgeval het. Marko Mulder skuif van binnesenter na regtervleuel in die plek van die beseerde Janco Erasmus, wat vir Lungelo Maseko die geleentheid bied om sy stempel op binnesenter af te druk.

Hoërskool Nelspruit pak ook die tog Pretoria toe aan, waar hulle teen Hoërskool Oos-Moot, in die Moot, te staan kom. Die Nellies gaan ook gebuk onder beserings, met die indrukwekkende Divan de Dock wat op binnesenter deur Christiaan van Deventer vervang word.

Voorlangs skuif die slot, Arrie Raath, oor na oopkantflank, in die plek van Tiaan de Beer, terwyl Andre Smith, Raath se posisie op slot inneem. Gert Cloete, die Nellies se vaskopstut, is ook beseer en WJ Botha sak op sy plek in die voorry. Banele Ngwenya moet ook na die kant van die skrum skuif weens die beseerde Bradley Claasen, met Werno Heyns wat op slot inval.

Die Oosies het besluit om geen veranderinge aan hul span, wat teen Menlopark vasgeval het, te maak nie.

Die spanne:

Transvalia t. Kempton Park om 12:45 in Vanderbijlpark: 

Hoërskool Transvalia: 15 Tsepho Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Siyabonga Khumbula, 12 Brandolee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Declan Hattingh, 9 Anro Nagel, 8 Wihandre Kruger, 7 Connor Porter, 6 Wynand Stols, 5 Daniel Kazambu, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Timothy Matthews, 1 Dylan Booth.

Hoërskool Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettiene Stroebel, 13 Wian Riekert, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 JP Roos, 5 Luann Schreuder, 4 Louis Mouton, 3 Zander Lucjay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

Menlopark t. Hoërskool Middelburg om 13:10 in Pretoria: 

Hoërskool Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Ruben Rudolph, 11 Stefan van Niekerk, 10 Andru Kuhn, 9 Phillipus de Bruin, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pelsen, 1 Mattheus Prinsloo.

Hoërskool Middelburg: 15 Leroux French, 14 Marko Mulder, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacques Gouws, 10 Matthew Abbey, 9 Crawford Joubert, 8 Jabu Mathlebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

Oos-Moot t. Nelspruit om 12:30 in Pretoria: 

Hoërskool Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Berus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

Hoërskool Nelspruit: 15 Liam Pringle, 14 Tinyiko Silubane, 13 Ian Wood, 12 Christiaan van Deventer, 11 Jordan Pretorius, 10 Theuns Meyer, 9 Ewean van Zyl, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Arrie Raath, 5 Andre Smit, 4 Werno Heyns, 3 WJ Botha, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

Ander wedstryde: 

12:30 – HTS Middelburg t. Hoërskool Waterkloof. 

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.