Trekkers, Witteberg slaggereed vir FNB Classic Clashes-aksie!
Dit is eerskomende Saterdag weer tyd vir die groot interskole-kragmetings, beter bekend as die FNB Classic Clashes, tussen Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Witteberg in Bethlehem – ‘n hoogtepunt op die Oos-Vrystaatse sportkalender.
Wanneer die eerste netbalspanne mekaar om 11:45 op Baan 1 pak, sal Witteberg oorgehaal wees om die bordjies te verhang en as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Tharina 0’Connor (18), netbalkaptein van Witteberg, meen dit is belangrik om haar span met ‘n positiewe gesindheid te lei, asook om hulle te inspireer om hul beste te lewer en te strewe na sukses.
“Ek hoop om ‘n ondersteunende omgewing te skep waar elke lid van die span die geleentheid gebied word om te groei en te verbeter.”
Voortrekker-kaptein, Elizbé Heyns (17), se missie stem ooreen met dié van haar Witteberg-eweknie.
“Ek wil my span lei, motiveer, ondersteun en dryf om die heel beste weergawe van hulself te wees – ook wanneer dit moeilik gaan op die netbalbaan, sodat hulle hul koppe sal oplig en krag bymekaarskraap om nóg harder te werk vir dit wat ons as ‘n span wil bereik.”
Witteberg:
Tharina O’Connor (kaptein), Katleho Mokhina, Janė de Villiers (o/kaptein), Leozé Lottering, Marie-Lee van der Merwe, Kaylin Stofjberg, Lesedi Motaung, Jade Adams, Sharmell Nkomo en Ina-Marie Pierce.
Voortrekker:
Chloë Opperman, Elizbé Heyns (kaptein) en Mianca van Niekerk, Jasmine Liebenberg (S), Celri Botha (V), Marilé Jonk (HV – kaptein) en Anja van Zyl, Leané van den Berg (reserwe), Thato Mohloki (reserwe) en Jazelle Muller (reserwe).