Trekkers steeds onoorwonne in Wesgrow-reeks
Voortrekker Hoërskool het ‘n hoogs suksesvolle netbaldag by die jaarlikse interskole teen Hoërskool Witteberg beleef, met 10 uit hul 16 spanne wat as oorwinnaars uit die stryd kon tree.
Die eerste netbalspan behou ook hul onoorwonne rekord in die Wesgrow Sentrale-sportreeks, na hul indrukwekkende sege van 52-34 oor Witteberg.
Voortrekker het vanuit die staanspoor die toon aangegee om, na afloop van die eerste kwart, reeds met 14-8 voor te loop en teen halftyd ‘n voorsprong van 26-20 te geniet.
Die Trekkers het nietemin die tempo aansienlik gelig in die derde kwart. Witteberg se doele het hulself vasgeloop teen die rotsvaste verdediging van Anja van Zyl en Marilé Jonck, terwyl die uitmuntende aanvallende spel van Jasmine Liebenberg, Mianca van Niekerk en beide doele, Elizbé Heyns en Chloë Opperman, die gaping in die derde kwart na 38-25 vergroot het.
Goudveld-Hoërskool se eerste netbalspan het al vier kwarte teen Welkom-Gimnasium oorheers, met verál voortreflike verdediging deur Lara Badenhorst en Tyla Wasmuth, om welverdiend met 36-28 te seëvier.
Die Gouties se aanvallende spelers het ook merkwaardige spanwerk aan die dag gelê, met die kaptein, Levi Oehley, Carli Taljaard en Nyrette Steenkamp wat uitgeblink het.
Witteberg t. Voortrekker:
o.14A Witteberg 2-16 Voortrekker
o.14B Witteberg 16-9 Voortrekker
o.14C Witteberg 16-11 Voortrekker
o.14D Witteberg 5-8 Voortrekker
o.15A Witteberg 33-16 Voortrekker
o.15B Witteberg 28-12 Voortrekker
o.15C Witteberg 11-23 Voortrekker
o.15D Witteberg 5-19 Voortrekker
o.16A Witteberg 8-26 Voortrekker
o.16B Witteberg 7-45 Voortrekker
o.16C Witteberg 11-31 Voortrekker
o.17A Witteberg 10-27 Voortrekker
o.19A Witteberg 34-52 Voortrekker
o.19B Witteberg 21-20 Voortrekker
o.19C Witteberg 18-14 Voortrekker
o.19D Witteberg 7-18 Voortrekker
Goudveld t. Gimnasium:
o.14A Goudveld 17-22 Gimnasium
o.14B Goudveld 4-25 Gimnasium
o.14C Goudveld 6-10 Gimnasium
o.15A Goudveld 17-31 Gimnasium
o.15B Goudveld 19-12 Gimnasium
o.15C Goudveld 2-24 Gimnasium
o.16A Goudveld 15-18 Gimnasium
o.16B Goudveld 12-20 Gimnasium
o.17A Goudveld 26-17 Gimnasium
o.19A Goudveld 36-28 Gimnasium
o.19B Goudveld 19-12 Gimnasium
o.19C Goudveld 19-12 Gimnasium
o.19D Goudveld 17-8 Gimnasium