SuperSport Schools Plus

Transvalia het groot berg om te klim in Plaat-afdeling se halfeindronde

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-08-18 Tags:

NewsGTransvaliaDie Hoërskool Transvalia het nie ‘n maklike taak wat op hom wag indien hy die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wil haal nie.

Die span van Vanderbijlpark gaan sy staal teen ‘n baie sterk span van die Hoërskool Kempton Park moet wys wanneer die twee Saterdag sake in die halfeindronde uitspook.

Transvalia se bonuspunt-sege verlede week teen HTS Middelburg het aan hom die tuisveldvoordeel gegee. Dit beteken dat Kempies vir die tweede keer in soveel weke gaan moet reis.

Transvalia kan uitsien om weer ‘n gedugte span op die veld te sit. Die voorste puntemaker, Duan du Toit (losskakel), en voorste driedrukker, Junior van Wyngaardt (haker), is albei in Transvalia se geledere.

Du Toit het ‘n uitmuntende seisoen vir sy span tot op hede. Die losskakel was nog deurlopend sekuur met sy korrelwerk na die pale. Du Toit het tot dusver 108 punte in die reeks opgestapel. Dit sluit 30 doelskoppe, 25 strafdoele en drie skepdoele in.

Aan du Toit se buitekant is dit die giftige senterpaar, Brandon-Lee Smit en Kyle Esterhuizen, wat op die Kempies se verdedigers wag. Die duo sal hoop om hul goeie vertonings voort te sit en soos oudergewoon hul span se gehalte balbesit te benut.

Voorlangs sal dit sonder twyfel die woelwater haker, Van Wyngaardt, wees wat die vuur onder sy grootmanne aansteek. Die haker is huidiglik met nege drieë die voorste driedrukker in die kompetisie. Van Wyngaardt skroom nie om verdedigings linies met sy fisiekheid aan te vat nie en het bewys dat hy ‘n moeilike man is om grond toe bring.

Hy is nie net die voorste driedrukker nie, maar is ook  uitstekend wat die vaste fassete aanbetref. Sy kollega in die voorry, Dylan Booth, beloof ook om ‘n handvol te wees. Die losskopstut is uitstekend in die skrums en geniet sy vurige barslopies.

Aan die kant van Kempton Park beloof sy lostrio om ‘n handvol te wees. Preston Smith (agtsteman), Milano Hattingh (flank), en Ruben Turketti (flank), is ‘n gedugte trio om by kers vas te hou. Smith, veral, het tot dusver kookwater rugby gespeel.

Die agtsteman is oral op die veld te sien en skroom nie om sy lyf vir sy span op die spel te plaas nie. Hattingh en Turketti sal beoog om soos gebruiklik ‘n doring in die vlees by die afbreekpunte te wees.

Agterlangs sal Keagan Trollip (skrumskakel) goed dopgehou moet word. Die buksie in die nege-trui is ‘n gevaar op die aanval en is uitstekend met sy balverspreiding. Aan sy buitekant is dit sy binnesenter, Tiaan Delport, wat sal beoog om ‘n paar vraagtekens vir die Valia-verdedigers op te bring. Delport beskik ook oor ‘n gedigte skopvoet en neem dikwel die verantwoordelikheid op om pale toe te korrel.

Die onoorwonne, Hoërskool Rustenburg, verwelkom die buiteperd, Hoërskool Middelburg, op tuisbodem vir die se halfeindstryd.

Rustenburg het sy onoorwonne status in die reeks behou na hy verlede Saterdag met ‘n gemaklike oorwinning (38-15) teen Kempton Park baas was.

Die Rusties het ‘n geneigdheid om vinnig uit die blokke te spring, om sou gou moontlik hul teenstanders onder druk te plaas. Hul pak sal soos gebruiklik sy stempel vroeg wil afdruk om voorlangs te oorheers. Terwyl sy gevaarlike agterlyn wag om op enige swakpunte in die Middies-verdediging uit te buit.

Daar is geen twyfel dat Middelburg dit moeilik gaan maak vir die tuisspan nie. Hy het onlangs daarin geslaag om Transvalia die skrik op die lyf te jaag nadat hy Transvalia met 39-20 in Middelburg kon klop.

Middelburg se vurige haker, Fumani Chauke, mis egter as gevolg van ‘n besering uit. Die Middies sal hoop dat sy plaasvervanger, Ruben Salzwedel, Chauke se groot leemte kan vul en die vuur voorlangs aansteek.

Die spanne is:

Transvalia vs Kempton Park in Vanderbijlpark om 11:40: 

Transvalia: 15 Daniel Grobler, 14 Nkanyiso Mccamel, 13 Kyle Esterhuizen, 12 Brandonlee Smit, 11 Kani Mohapi, 10 Duan du Toit, 9 Anro Nagel, 8 Anro Labuschagne, 7 Xander Mcniel, 6 Wynand Stols, 5 Danie Beytel, 4 Vincent Brits, 3 Arne Botes, 2 Junior van Wyngaardt, 1 Dylan Booth.

Kempton Park (moontlik): 15 Joshua Meyer, 14 Ryan Smith, 13 Marko Opperman, 12 Tiaan Delport, 11 Tian Aucamp, 10 Zander de Jongh, 9 Keagan Trollip, 8 Preston Smith, 7 Milano Hattingh, 6 Ruben Turketti, 5 Kyle Botha, 4 Divan Francis, 3 Adrian Labuschagne, 2 Brendon Gerber, 1 Zeke Shaw.

Hoërskool Rustenburg vs Hoërskool Middelburg in Rustenburg om 12:00: 

Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Zulu Khumalo, 13 Adriaan Liebenberg, 12 Awie Alberts, 11 Lorenzo Snyers, 10 Henre Viljoen, 9 Nathan van Aswegen, 8 Adrian Young, 7 Sybrandt Byleveldt, 6 MC Smit, 5 PJ Engelbrecht, 4 Pedri Human, 3 Carlo van Wijk, 2 Zander Steenkamp, 1 Werner Kinnear.

Hoërskool Middelburg: 15 Divan van der Westhuizen, 14 Yende Mthokozisi, 13 Smiley Sibande, 12 Luke Geldenhuys, 11 Blessing Hamandishe, 10 Crawford Joubert, 9 Simtha Maseko, 8 Kaylin Maphutha, 7 Tjaart Joubert, 6 Zulu van Niekerk, 5 Rogan van der Walt, 4 Wandisa Mthombeni, 3 Tebogo Nkosi, 2 Ruben Salzwedel, 1 Shaun Marx.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.