JF troef Fichies met 26 doele
Hoërskool Jim Fouché het Saterdag vir Hoërskool Fichardtpark op indrukwekkende wyse met 39-13 verslaan in die Wesgrow Sentrale Sportreeks.
Jim Fouché het van meet af die toon aangegee en, na ‘n sterk begin, teen die einde van die eerste kwart reeds met 12-5 voorgeloop. Hulle het momentum opgetel in die tweede kwart, om hul rustydvoorsprong na 19-9 te rek.
Namate die wedstryd in die derde kwart gevorder het, het JF eenvoudig van krag tot krag gegaan en met ‘n vlaag doele die gaping aan die einde van dié kwart na 29-10 vergroot.
Jim Fouché was haas onkeerbaar in die laaste kwart om 10 verdere doele by hul totaal te voeg, terwyl Fichies tot slegs drie beperk is.
Hoewel die wenspan as geheel uitstekend vertoon het, het Zandria Bastone en Lindsey Neveling in besonder uitgeblink.