SuperSport Schools Plus

Strawwe kompetisie in NWU Sportreeks

By Shane Labuschagne , in Netball | News , at 2025-03-16 Tags: , , , ,

Die afgelope naweek het vier top-netbalskole mekaar die stryd aangesê in die NWU Sportreeks, met Oos-Moot, Ben Vorster, Eldoraigne en Piet Retief wat gesorg het vir volop uitmuntende en spannende netbalaksie.

Ben Vorster en Eldoraigne het onderskeidelik die meeste oorwinnings behaal, maar die mededinging was oorwegend straf, met ál die spanne wat alles gegee het op die baan.

Oos-Moot het goed vertoon, maar Ben Vorster se jonger ouderdomsgroepe het wel die oorhand gehad. Ben Vorster se B-spanne het egter gewys dat hulle nie summier die handdoek ingooi nie. Die o.17 A-spanne het verál ‘n naelbytstryd opgedis met dié wedstryd wat uiteindelik met 21-21 gelykop geëindig het, terwyl Oos-Moot se eerste span naelskraaps met 25-22 die pyp gerook het.

Eldoraigne behoort ook hoogs tevrede te wees met hul resultate teen Piet Retief, met puik oorwinnings in vernaam die o.14 A- en o.19 A-kragmetings. Eldos se eerstes het laasgenoemde stryd met 48-32 gewen.

Piet Retief het nietemin hope karakter gewys deur die o.15 A- en o.19 B-wedstryde te wen, wat dui op potensiaal en krag in sekere ouderdomsgroepe. Die kompetisie was deurgaans straf, met albei skole wat bewys het dat hulle slaggereed is vir ‘n uitdagende seisoen.

Tellings:

Oos-Moot t. Ben Vorster (Oos-Moot eerste)

  • o.14 A: 6-26
  • o.14 B: 10-19
  • o.15 A: 10-31
  • o.15 B: 19-15
  • o.16 A: 30-15
  • o.16 B: 12-16
  • o.17 A: 21-21
  • o.19 A: 25-22
  • o.19 B: 8-14

Eldoraigne t. Piet Retief (Eldoraigne eerste)

  • o.14 A: 40-5
  • o.14 B: 24-4
  • o.15 A: 10-27
  • o.15 B: 19-11
  • o.16 A: 18-11
  • o.16 B: 20-9
  • o.19 A: 48-32
  • o.19 B: 12-17
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.