SuperSport Schools Plus

So staan sake sover in die Beeldtrofee vir Makroskole – Julie 2014

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2014-07-24 Tags: , , , , , ,

Beeldtrofee2014HTS Tom Naudé en Centurion pak mekaar in die enigste Beeldtrofee-wedstryd in die Makro-skole afdeling dié Saterdag op eergenoemde se tuisveld in Polokwane om 15:15. Die wenner van die tweestryd sal Florida op 2 Augustus in ‘n kwalifiserende kragmeting ontmoet om te bepaal wie teen die Blou Bulle se kampioen van 2014, Garsfontein, in die kwarteindstryd sal speel.

Die Goue Leeus sal vanjaar nie ‘n eindstryd hou nie weens die Suid-Afrikaanse Skole-proefwedstryde wat Saterdag in die Barnard-stadion in Kemptonpark sal plaasvind. Monument en Florida het onder mekaar besluit dat Monnas as die Leeus se kampioen tot die uitspeelrondes sal deurdring. Die span van Krugersdorp se slot Rhyno Herbst en flank Len Massyn sal aan die proewe deelneem.

Die Valke se eindstryd tussen EG Jansen en Kemptonpark is tot Dinsdag om 15:30 in die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark uitgestel. Jansies is die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee. Hulle en Kemptonpark het verlede jaar sake in die Beeldtrofee se eindstryd sake uitgespook. Die span van Boksburg se haker Nico Peyper en slot Hendré Stassen sal Saterdag vir ‘n plek in die SA Skole-span speel.

Die Pumas se eindstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit is ook tot Dinsdag uitgestel weens die betrokkenheid van die Rooi Bulle se skrumskakel Stephan Enslin en heelagter Barend Smit by Saterdag se proewe. Die eindstryd sal nou op HTS Middelburg se tuisveld Dinsdag om 13:00 beslis word.

Hoërskool Rustenburg en Menlopark sal mekaar op 2 Augustus in nog ‘n kwalifiserende wedstryd pak om te bepaal wie sake teen die Valke se kampioen in die kwarteindstryde sal uitspook. Die Blou Bulle het nie ‘n eindtryd nie met Garsfontein (1), Waterkloof (2), Menlopark (3) en Centurion (4) wat in die onderskeie posisies die liga voltooi het.

Die uitspeel wedstryd tussen die Luiperds en Limpopo se enigste Makro-skole, HTS Tom Naudé en Hoërskool Rustenburg, het ook nie vanjaar plaasgevind nie. Die twee skole het ook onder mekaar besluit dat Hoërskool Rustenburg as die wenner tussen die twee skole aan die Beeldtrofee sal deelneem.

Uitspeelmodel vir 2014 (Makro): 

Uitspeel 26 JulieKwalifiserend 2 AugustusKwarteindstryde
Rustenburg vs. Menlopark = AValke 1 vs. A 
Tom Naudé vs. CenturionValke 2 vs. Waterkloof = BPumas 1 vs. B
Pumas 2 vs. Valke 3 = CMonument vs. C
Florida vs. Limpopo 2/Blou Bulle 4 = DGarsfontein vs. D
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.