SuperSport Schools Plus

Smith vind sy ritme teen Affies, EG Jansen kampioen van NWU-reeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-04-23 Tags: , , , , , , , , ,

PAARL, SOUTH AFRICA – APRIL 22: Kyle Smith during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paarl Gimnasium and Affies at Paarl Gimnasium on April 22, 2023 in Paarl, South Africa. (Photo by Bertram Malgas/Gallo Images)

PRETORIA. – Kyle Smith het sy ritme gevind.

Dit is slegte nuus vir die spanne wat vanjaar nog teen Paarl Gimnasium te staan moet kom.

Die losskakel van Gimmies was aan die voorpunt van sy span se oorwinning van 38-21 oor die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria.

Smith sal indien hy op sy vertoning teen Affies kan voortbou ‘n sterk aanspraakmaker wees vir ‘n plek in die SA Skole-span later vanjaar.

Smith was met sy stelskopwerk as ook die seepgladde wyse waarop hy sy agterlyn weggesit het die groot doring in die besoekers se vlees.

Gimmies het teen rustyd ‘n voorsprong van 24-0 geniet. Affies se afrigters sal waak teen die tendens waar hulle die afgelope paar wedstryde eers in die tweede helfte werklik uit die kleedkamer gekom het.

Affies se flank Ruan Lippold is met twee drieë in die tweede helfte beloon vir sy harde werk voorlangs.

Die Kwaggas van Outeniqua was weer vuurwarm en het die Hoërskool Durbanville met 36-0 ‘n drag slae toegedien. Durbies is sonder twyfel nie ‘n maklike teenstander nie. Die uitslag onderstreep dus die gehalte van Kwaggas se Eeufees-span.

Dr. EG Jansen van Boksburg het nie sy gelyke in vanjaar se nuutgevonde NWU Skole-reeks gehad nie. Die Jansies het vir Kempton Park met 48-10 in die eindstryd van die reeks in Pretoria verslaan.

Die span van Boksburg se heelagter, Dawid Twala, asook die vleuel Cameron van Wyk het uitstaande vertonings in die eindstryd opgedis.

Menlopark het amper op sy tuisveld in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde plek teen Eldoraigne vasgeval. Die wedstryd het met 33-elk gelykop geëindig.

King Edward VII se plaasvervanger-vleuel, Mbuso Methula, het met ‘n drie na speeltyd reeds verstreke was gaan druk om Jeppe se harte met 23-20 te breek.

Die groot vraag om almal se lippe in die KwaZulu-Natalse Middelande volgende week sal wees of Michaelhouse uiteindelik hul 100ste sege oor Hilton College in die twee skole se interskole kan behaal.

Michaelhouse het sy 99ste sege in die interskole wat sedert 1904 plaasvind in 2016 behaal. Die twee spanne pak mekaar jaarliks twee keer.

Michaelhouse het gister ‘n blink sege van 36-10 oor Glenwood behaal en sal Saterdag die gasheer vir Hilton wees. Hilton College het ook nie veel probleme ondervind om St Charles College met 39-10 kaf te draf nie.

Maritzburg College is ook besig om sy spiere te bult en het met ‘n sege van 47-15 oor Pretoria Boys’ High die pad terug Pietermaritzburg toe aangepak.

Noordheuwel sal op 6 Mei sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks teen Oos-Moot verdedig. Die Nories moes harder sweet as verwag om Heidelberg Volkskool uiteindelik met 29-17 te troef.

Oos-Moot het in die ander halfeindstryd vir ‘n opskudding gesorg toe hy vir die Hoërskool Middelburg met 29-10 verslaan het.

Die voormalige Springbok-haker Danie Coetzee se seun Rudolf draf vir Nories op slot uit. Rudolf was verlede jaar nog ‘n lid van Oos-Moot se span wat kampioen van die Noordvaal se Skild-kompetisie gekroon is. Hy sal in die eindstryd teen sy ou spanmaats te staan kom.

Wanneer jou vaskopstut aan is die dag en jy bevind jouself in ‘n eindstryd – dan kan jy gewoonlik maar solank spasie in jou trofeekas gereed kry.

Die Hoërskool Piet Retief se vaskopstut, Rouwan Mitchel, was op sy stukke in die eindstryd van die NWU 16-reeks op die Fanie du Toit in Potchefstroom.

Piet Retief het vir Vryburg met 20-14 in die eindstryd geklop om sy titel as kampioen van die reeks suksesvol te verdedig.

Brandwag van Benoni is weer as kampioen van die Superreeks gekroon na hy vir Bastion van Roodepoort met 19-15 in die eindstryd getroef het.

Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv – SuperSport 216.

Al die uitslae: 

NWU SKOLE-REEKS

EG Jansen 48, Kempton Park 10; Menlopark 33, Eldoraigne 33; Transvalia 26, Hoërskool Klerksdorp 15; Hoërskool Nelspruit 31, HTS Middelburg 12.

NWU PRESTIGE-REEKS

Noordheuwel 29, Heidelberg Volkskool 17; Oos-Moot 29, Hoërskool Middelburg 10; Die Anker 30, Wesvalia 24; Hoërskool Rustenburg 19, Marais Viljoen 18; Hugenote (Springs) 22, Potchefstroom Gimnasium 15; Lichtenburg 24, Montana 21; Jeugland 41, Potchefstroom Volkskool 26; Zwartkop 33, Oosterlig 12.

KWAZULU-NATAL

Durban High School 26, Northwood 7; Michaelhouse 36, Glenwood 10; Hilton College 39, St Charles College 10; Westville Boys’ High 34, Kearsney College 29; Maritzburg College 47, Pretoria Boys’ High 15; Clifton 47, St Andrews (Bloemfontein) 7.

NOORDVAAL

King Edward VII 23, Jeppe 20; Midstream College 50, Centurion 13; Secunda 17, Hoërskool Pietersburg 16; Curro Nelspruit 22, Ben Viljoen 6; Warmbad 26, Eric Louw 10; Merensky 43, HTS Tom Naudé 19; Frikkie Meyer 20, Randburg 19; Allen Glen 117, Alberton High 0; Kwaggasrand 36, Silverton 7; Nylstroom 17, Piet Potgieter 3; Northcliff 43, Randpark High 8; Overkruin 26, Wonderboom 10; Parktown Boys’ High 42, Springs Boys’ High 19; Florida 33, Driehoek 7; Hans Moore 39, Dr. Malan 8; Northern Academy 25, Stanford Lake College 15; HTS Sasolburg 17, Birchleigh 10; Morgenzon Landbou 26, Komatipoort 3.

OOS-KAAP

Queen’s College 20, Selborne College 15; Grey High School 36, Dale College 17; Pearson 24, Stirling 5; Nico Malan 45, Despatch 10; Marlow Landbou 82, Hoërskool Grens 7; Die Brandwag (Uitenhage) 18, Muir College 18; Graaff-Reinet Volkskool 40, Westering 10; Graeme College 70, Cambridge 12.

NWU 16 REEKS

Piet Retief 20, Vryburg 14 (eindstryd); Riebeeckrand 24, Delmas 22; Leeuwenhof 21, Pretoria-Noord 12; Pionier 19, Hans Strijdom 15; Wolmaransstad 36, Stoffberg 0; Fochville 22, Volksrust 17; Ferrum 14, Bekker 12; Schoonspruit 24, Oosterland 3.

SUPERREEKS

Brandwag (Benoni) 19, Bastion 15 (eindstryd); Linden 28, Wagpos 17; Hoërskool Tuine 22, Generaal Hertzog 21.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Jim Fouché 64, Louis Botha 0; Welkom Gimnasium 41, Witteberg 19; Diamantveld 50, Sentraal 24; Voortrekker (Bethlehem) 29, Goudveld-Hoërskool 19; Hoërskool Trio 38, Hentie Cilliers 7; Bultfontein 43, Wessel Maree 14; Fichardtpark 41, Grey-kollege III 24; Bothaville 22, Hennenman 10, Vrede 63, Ntsu Secondary 0; Sand du Plessis 31, President Steyn 29; Hendrik Potgieter 27, Brandfort 23.

WES-KAAP

Paarl Gimnasium 38, Affies 21; Paul Roos Gimnasium 24, Bishops 12; Outeniqua 36, Durbanville 0; Hoër Jongenskool Paarl 34, SACS 18; Rondebosch Boys’ High 15, Boland Landbou 8; Wynberg Boys’ High 15, Stellenberg 13; Oakdale Landbou 47, Framesby 10; Hoërskool Bellville 39, Parel Vallei 24; Brackenfell 11, DF Malan 10; Worcester Gimnasium 22, Hoërskool Punt 12; Hottentots-Holland 38, Melkbosstrand 20; Strand 24, Tygerberg 17; Bredasdorp 30, Robertson 21; Vishoek 24, Bellville-Suid 7; Hoërskool Oudtshoorn 23, HTS Eden 15; Hugenote (Wellington) 25, Milnerton 12; Charlie Hofmeyr 27, Hopefield 12; Bosmansdam 25, President 12.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.