Skild se groot honde reg om te wys wie’s meer byt as blaf
‘n Hoogs interessante stryd tussen twee groot name in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling vind hierdie naweek plaas op die Oos-Rand.
Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).
Hoërskool Hugenote van Springs skop hul aanslag op vanjaar se Skild-titel Saterdag op tuisbodem af teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Secunda.
Die span van Springs was nog nie in vanjaar se kompetisie in aksie nie, en het verlede naweek ‘n blaaskans geniet na ‘n strawwe veldtog in die NWU Prestige-reeks. Die span van Secunda het wel reeds ‘n wedstryd in die reeks agter die blad, nadat hulle verlede naweek met 35-17 met Jeugland in Meyerton kon afreken.
Die Hugies het tot dusver beïndruk met aanskoulike hardlooprugby, asook hul grootste bate, naamlik rotsvaste verdediging. Die afnaweek het ook hul breiers toegelaat om nou die sterkste span in die veld te stoot, met steelkantflank, Tyron Hand, wat nog heel jaar ‘n barshou speel, wat weer die span aanvoer.
Die Hugies se staatmaker, Hendrik Eybers, sal weer in sy gunstelingposisie op agsteman uitdraf en is een van die span se vernaamste wapens met sy begeesterde dryfspel.
Die besoekers het nodig gehad om slegs een verandering aan te bring aan die vyftiental wat vir Jeugland verslaan het, met die gevaarlike Brink la Grange wat terugkeer om sy plek op linkervleuel in te neem, in die plek van Divan Mulder. Voorlangs sal agsteman en kaptein, Bakkies Bezuidenhout, en steelkantflank, Zander Scheepers, die vuur stook met hul fisieke benadering, en Hand en Eybers probeer in toom hou.
In Brakpan wag daar nog ‘n liplekker-stryd met Hoërskool Die Anker wat die Buffels van Hoërskool Ben Vorster verwelkom. Albei spanne het belowende oorwinnings in die eerste ronde van die reeks behaal, met die span van Brakpan wat ietwat verras het met ‘n wegholsege van 53-7 oor Hoërskool Pietersburg.
Die Anker is egter vir ‘n wyle sonder buitesenter, Sean Schoeman, wat sy kakebeen verlede naweek gebreek het. Ruan Smith skuif na buitesenter, met Xavier Erasmus wat hom op regtervleuel vervang.
Voorlangs bevind loskopstut, Leon Botha, homself ook op die krukkelys met ‘n kniebesering, wat beteken dat Branden Sauerman van slot na stut skuif en Brendan van Lutterveld vir Sauerman op slot vervang.
Die spanne:
Hugenote (Springs) t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Springs
Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.
Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Divan Mulder, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Zian Steenkamp, 1 Nathan Erasmus.
Die Anker t. Ben Vorster om 13:20 in Brakpan
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Ruan Smith, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Brandan Sauerman.
Ben Vorster (moontlik): 15 Fredie Pinto, 14 Nikelo Moyo, 13 Tihandre Reyneke, 12 Gehan Hendriks, 11 Damian Bye, 10 Shelton Primo, 9 Pontsho Selowa, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Lethabo Sejake, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 John-Henry Schwab, 1 Thabang Nkuna.
Hoërskool Pietersburg t. Wesvalia om 13:20 in Pietersburg
Hoërskool Pietersburg: 15 Celliers van der Merwe, 14 Brydan Retief, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 AJ Loots, 10 Vincent Luckoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Etienne van Jaarsveld, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 3 Floris Venter.
Wesvalia Pietersburg (moontlik): 15 Henco Greyling, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreye, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Alden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.
Jeugland t. Heidelberg Volksool in Meyerton
Jeugland: TBC
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.