SuperSport Schools Plus

Ses van die bestes vir Trekkers in Wesgrow-reeks

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-07-19 Tags: , , ,

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is weer in volle gang, met vyf van die agt spanne wat die afgelope week kragte gemeet het.

Voortrekker Hoërskool in Bethlehem (BVHS) se eerste netbalspan is steeds onoorwonne en spog met ‘n sesde agtereenvolgende oorwinning nadat hulle verlede naweek vir Hoërskool Sentraal met nege doele geklop het in Bloemfontein.

Die wedstryd teen Tralies se eerste span was uit die staanspoor oorheers deur die Trekkers, wat na die eerste kwart reeds ‘n voorsprong van 5-1 geniet het.

Sentraal het in die tweede kwart verbete teruggeveg om die halftyd-agterstand na 8-10 te laat krimp. In die derde kwart het Voortrekker egter die sluise oopgemaak en die telling na 19-10 gerek, voordat hulle die kragmeting met 23-14 beklink het.

Wat verdedigende spel betref het Marlilé Jonck verál beïndruk, terwyl Jasmine Liebenberg uitgestaan het op die aanval.

Hoërskool Witteberg het as wenners uit die stryd getree teen Hoërskool Fichardtpark met ‘n eindtelling van 26-14.

Witteberg het elke kwart oorheers en ná die eerste reeds met 8-4 voorgeloop. Teen rustyd het hulle die voorsprong na 17-7 vergroot. Albei spanne het in die derde kwart daarin geslaag om elk drie doele aan te teken, wat die telling op 20-10 te staan ​​gebring het.

Witteberg het aanhou druk toepas tot die eindfluitjie om hul oorwinning met 12 doele te verseker. Leoze Lottering en Tharina O’Connor het uitstaande vertonings gelewer.

In nóg ‘n kragmeting het Hoërskool Sentraal Woensdag teen Hoërskool Diamantveld ‘n naelskraapse oorwinning van 41-39 behaal.

Voortrekker en Sentraal:

o.14A Voortrekker 14-13 Sentraal

o.14B Voortrekker 6-18 Sentraal

o.14C Voortrekker 10-30 Sentraal

o.14D Voortrekker 28-10 Sentraal

o.15A Voortrekker 9-25 Sentraal

o.15B Voortrekker 9-21 Sentraal

o.15C Voortrekker 12-29 Sentraal

o.15D Voortrekker 8-23 Sentraal

o.16A Voortrekker 14-8 Sentraal

o.16B Voortrekker 18-16 Sentraal

o.16C Voortrekker 21-18 Sentraal

o.17A Voortrekker 8-31 Sentraal

o.19A Voortrekker 23-14  Sentraal

o.19B Voortrekker 21-11 Sentraal

o.19C Voortrekker 8-23 Sentraal

o.19D Voortrekker 9-18 Sentraal

Witteberg en FHP uitslae:

o.14A Witteberg 16-18 FHP

o.14B Witteberg 14-12 FHP

o.14C Witteberg 29-2 FHP

o.14D Witteberg  12-15 FHP

o.15A Witteberg 19-26 FHP

o.15B Witteberg 5-26 FHP

o.15C Witteberg 8-11 FHP

o.16A Witteberg 21-14 FHP

o.16B Witteberg 22-8 FHP

o.19A Witteberg 14-26 FHP

o.19B Witteberg 10-21 FHP

o.19C Witteberg 10-23 FHP

o.19D Witteberg 9-19 FHP

DHS en Sentraal uitslae:

o.14A Sentraal 15-19 DHS

o.14B Sentraal 12-19 DHS

o.14C Sentraal 16-8 DHS

o.14D Sentraal 14-16 DHS

o.15A Sentraal 14-12 DHS

o.15B Sentraal 21-20 DHS

o.15C Sentraal 19-9 DHS

o.16A Sentraal 21-21 DHS

o.16B Sentraal 16-34 DHS

o.16D Sentraal 15-5 DHS

o.17A Sentraal 29-15 DHS

o.19A Sentraal 41-39 DHS

o.19B Sentraal 17-14 DHS

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.