SA o.17 sit Namibië ore aan by Telkom Kampioenskap
![](https://ssschoolsplus.co.za/wp-content/uploads/2024/07/All-Ages-400x287.jpg)
Die SA o.17-netbalspan het ‘n klinkende sege oor Namibië se o.17-span behaal deur met 46-25 te seëvier in ‘n spesiale internasionale wedstryd op die laaste dag van die Telkom Nasionale Netbalkampioenskappe.
Die kampioenskappe, wat van 26 tot 29 Junie by Hoërskool Waterkloof plaasgevind het, het die beste jong talent in die o.17-, o.18- en o.19-ouderdomsgroepe van Suid-Afrikaanse netbal tentoongestel.
Tydens die toernooi is die top-35 spelers uit die o.17-kategorie gekies. Uit hierdie elite-groep is die SA o.17-span van 12 uitstaande spelers saamgestel.
Dié finale span, gelei deur hoofafrigter Talia Venter van Gauteng en Yolandi Stone van die Oos-Kaap as die hulpafrigter, is toe die geleentheid gegee om ‘n eenmalige internasionale wedstryd teen Namibië te speel.
o.17-kampioen:
Goud: WC Cedars
Silwer: KZN Dolphins
Brons: WC Willows
o.18-kampioen:
Goud: Gauteng Delta
Silwer: Gauteng Gamma
Brons: WC Oaks
Individuele spelers is ook vir uitsonderlike spel uitgesonder:
o.17:
Beste doel: Simoné Dry (WK)
Beste senterbaan-speler: Janie Visser (WK)
Beste verdediger: Bayiso Olwethu (LP)
Beste algehele speler: Mariaan Louw (FS)
o.18:
Beste doel: Bophelo Mofokeng (G)
Beste senterbaan-speler: Jana Martin (WK)
Beste verdediger: Amithese Bandu (G)
Beste algehele speler: Kiara van Eeden (G)