SuperSport Schools Plus

Rusties voor ‘n berg en proeflopie in NWU Prestige-kwarteindronde

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-12 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Marnus Prinsloo

Die Hoërskool Rustenburg se eersterugbyspan sal na Saterdag ‘n beter idee hê oor wat op hom in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling wag.

Die Rusties kom teen Marais Viljoen van Alberton in die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks op Montana in Pretoria se hoofveld te staan.

Marais Viljoen tel ook onder die voorste tien skole van die Noordvaal-streek wat in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling deelneem.

Die Rusties wat vanjaar die eerste keer in die Beker-afdeling speel, sal ook sy buiging in die reeks op 4 Mei teen die einste Marais Viljoen maak.

Die span van Alberton is nog onoorwonne vanjaar en sal ongetwyfeld as die gunsteling op die veld draf om sy plek in die halfeindronde te bespreek.

Sy kaptein en losskakel, Rekkie Gerber, het tot dusver ‘n sleutelrol in sy span se sukses op die veld gespeel. Gerber se stelskopwerk asook sy lang lynskoppe is sonder twyfel goud werd vir Marais Viljoen.

Marais Viljoen het tydens die skoolvakansie aan die St Stithians College Paastoernooi deelgeneem en twee seges teen onderskeidelik Hartpury College (27-19) en St John’s College (Harare) (6-5) behaal.

Rustenburg kon nie ‘n enkele sege tydens hul skoolvakansie tydens die Kearsney College Paastoernooi in Durban behaal nie. Albei spanne sal egter saamstem dat Rusties se nederlae teen Worcester Gimnasium (25-26), Durban High School (0-45) en Rondebosch Boys’ High (13-22) teen veel sterker teenstand was.

Die stryd tussen die twee buitesenters, Lorenzo Snyers (Rustenburg) en Brandon Els (Marais Viljoen) behoort ook een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees.

In die ander halfeindstryd op Montana se velde maak Jeugland van Kempton Park waarskynlik die eerste keer in jare sy verskyning in dié uitspeelrondes. Die span van Kempton Park sal teen Wesvalia van Klerksdorp sake om ‘n plek in die halfeindronde uitspook.

Wesvalia het vroeër in dié liga met 18-elk gelykop teen Hoërskool Rustenburg gespeel. Die span van Klerksdorp sal voel dat hy vanjaar ‘n sterk aanspraakmaker om die titel is.

Sy agtsteman, Hanré Venter, asook haker, Junior Kuhn, is meer as ‘n handvol om in toom te hou. Hulle kry gereeld hul span op die voorvoet met hul kraglopies. Agterlangs sal Jeugland se slag slaan indien hul die losskakel, Eduard Dreyer, op hok kan slaan. Dreyer sit sy senterpaar, Rickhardt van Heerden en Jeandré Snyman, gewoonlik seepglad weg.

Jeugland het vanjaar nog net teen Marais Viljoen die knie gebuig. Sy twee oortuigende seges oor Zwartkop (38-14) en Potchefstroom Volkskool (64-22) in die reeks wys dat die span nie vanjaar sonder handskoene aangepak kan word nie.

Die spanne en bepalings: 

Hoërskool Rustenburg vs Marais Viljoen in Pretoria om 16:40: 

Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendré Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Hencu Raath, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Benedetti.

Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Ethan Weideman, 10 Rekkie Gerber (kaptein), 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.

Wesvalia vs Jeugland in Pretoria om 15:20: 

Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandré Snyman, 12 Rickhardt van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyr, 8 Hanré Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Alden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

Jeugland: 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Joost, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Jayden Kleyn, 7 Joseph Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbanwa, 1 Siyabonga Moshele.

Oosterlig vs Zwartkop in Pretoria om 14:00: 

Oosterlig: 15 Jaydon Bouwer, 14 Dean Jordaan, 13 Joël Jordaan, 12 Dylan Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandré Bekker, 6 Gert Nel, 5 Jeandré Naudé, 4 Rubin van der Westhuizen, 3 Joshua Niemann, 2 Günther Nel, 1 Tiaan Louw.

Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denilson Metcalfe, 13 Milton Naudé, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Shi-loh Prince, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Bradley Cronjé, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Julian Lubbe.

Montana vs Potchefstroom Volkskool in Pretoria om 12:40: 

Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Keagan van der Merwe, 10 Ruwald Goosen, 9 Daelin Ludick, 8 Richard Botha, 7 Justin Herbst, 6 Kyle Bronkhorst, 5 Reuben van Hammersveld, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

Potchefsroom Volkskool: 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandré Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald (kaptein), 7 Christoff Nel, 6 Henré Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Louis Fourie, 1 Daniel Strydom.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.