Rustenburg die span om die klop in die Virsekerbeker Plaat-kompetisie
Die Hoërskool Rustenburg se eerstespan is die span om dop te hou in die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie. Die Rusties het Saterdag ‘n klinkende sege van 46-17 oor Montana van Pretoria behaal.
Eldoraigne se Groen Drake is ook weer op die wenpad na ‘n moeilike Tuks-reeks. Die Drake het Centurion met 51-20 verslaan. Die wenspan se heelagter, Shane Bolton, was uitstaande en het twee keer Woeries se doellyn oorgesteek.
Die vleuel Lo-an Marx wat ook altyd sy hart uitspeel is ook vir sy spel met twee drieë beloon. Eldoraigne kom eerskomende Saterdag teen Zwartkop in hulle jaarlikse FNB Classic Clash te staan.
Marais Viljoen van Alberton het in sy kragmeting teen Zwartkop met 29-26 as oorwinnaars uit die stryd getree. Die span van Alberton het teen lemoentyd ‘n voorsprong van 21-16 geniet.
Die wenspan se heelagter, Derik van Zyl, was sy span se beste speler op die dag. Hy het ‘n hele paar gevaarlike teenaanvalle vanuit die laaste vesting geloots en was ook rotsvas onder die hoë bal.
Die skrumskakel, Enrico Els, verdien ook ‘n klop op die skouer vir die manier hoe hy die spel van agter die oond dikteer het.
Puntemakers:
Plaat-afdeling
Marais Viljoen 29 (21) – Drieë: Austin Nepgen (2), Luke Jonker, Roberto Torres, Derik van Zyl. Doelskoppe: Jonker (2). Zwartkop 26 (16) – Drieë: Phineas Zitha, Quintus de Britney, Wian Meads. Doelskop: Damian Rabie. Strafdoele: Rabie (3).
Eldoraigne 51 – Drieë: Shane Bolton (2), Lo-an Marx (2), Henry Kruger, Wickus van der Merwe, Divan Bezuidenhout. Doelskoppe: Hilton Olivier (4). Strafdoele: Bolton (2). Centurion 20 – Drieë: MJ van Dyk, Zander Louw, Jacques Peens. Doelskop: Ethan Wentzel. Strafdoel: Wentzel.
Hoërskool Rustenburg 46 – Drieë: Gustav van Staden (2), De Wet Botha, Estian Heynecke, Jacques de Witt, Arno Strydom, Owen Bestbier, Marco Henning. Doelskoppe: Heynecke (3). Montana 17 – Drieë: Franco Stassen, Daniel Pautz. Doelskoppe: Thys Loubser (2). Strafdoel: Loubser.
Ander spanne:
o.16: Eldoraigne 61, Centurion 12; Marais Viljoen 31, Zwartkop 10; Rustenburg 81, Montana 3.
o.15: Centurion 52, Eldoraigne 5; Marais Viljoen 22, Zwartkop 17; Rustenburg 40, Montana 3.
o.14: Eldoraigne 24, Centurion 5; Zwartkop 35, Marais Viljoen 12; Rustenburg 21, Montana 17.
FOTO: GB Jordaan