Rooibulle, Oosies pak mekaar eerste keer in jare
Dit sal die eerste keer in jare wees dat Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooibulle en Hoërskool Oos-Moot slaags raak tussen die vier lyne van ‘n rugbyveld.
Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Dit is te danke aan vanjaar se indeling van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling dat dié twee ongewone opponente se paaie na minstens twee dekades weer kruis.
Albei spanne het groot sukses verlede naweek behaal, met vernaam die Rooibulle wat nog op die adrenaliengolf van hul spogsege van 31-24 oor Hoërskool Middelburg, in die reuse Middelburg-derby, ry.
Die Oosies was self in ‘n plaaslike derby met hul tradisionele vyande, Hoërskool Montana, gewikkel en kon met ‘n telling van 43-31 as oorwinnaars uit die stryd tree. Dit het egter teen die prys gekom, met een van hul sleutelspelers, Jeandre Venter (buitesenter), wat homself op die krukkelys bevind met ‘n gebreekte hand.
Dié terugslag word ietwat versag deur die langverwagte terugkeer van die sneller op linkervleuel, Tapiwa Rwafa, wat vir die eerste keer in byna twee maande in aksie sal wees. Dewron Aford, wat Rwafa se skoene volgestaan het, skuif van linkervleuel na buitesenter om Venter te vervang.
Die Rooibulle het ook nie ongeskonde daarvan afgekom na verlede naweek se groot stryd nie. Staatmakers Johnny dos Santos (senter) en Reece Botha (skrumskakel) loop die kragmeting met die Oosies mis. Anthoni Smuts, wat reeds vanjaar goed vertoon het in die middeveld, vervang vir Dos Santos op binnesenter, terwyl Ruben Erasmus ‘n geleentheid op skrumskakel kry.
“Die beserings is nie ernstig nie, maar ons wil nie die risiko loop dat twee van ons staatmakers se beserings vererger nie. Johnny, véral, is uitstekend op dreef tot dusver en het nog nie ‘n swak wedstryd gehad nie, so dit is net voorkomend,” sê Jano Venter, die Rooibulle-breier.
Die tweestryd tussen losvoorspelers is beslis een waarvoor die ondersteuners hul lippe aflek. Die tuisspan se oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, was uitstekend verlede naweek en meet kragte met Oosies se vurige agtsteman, Deon Badenhorst, wat die Rooibulle vir die volle 70 minute kan besig hou.
Ligbron Akdemie streef nog na ‘n eerste sege in die nuwe afdeling wanneer hulle Saterdag in Ermelo teen Hoërskool Montana te staan kom.
Ligbron se twee Cravenweek-spelers, heelagter, Anele Ngwenya, en linkevleuel, Bandile Thanjekwayo, behoort oorgehaal te wees vir ‘n groot wedstryd na hul onlangse insluiting in die Puma-span wat eersdaags in Krugersdorp in aksie sal wees. Die duo is die span van Ermelo se vernaamste aanvalswapens en daar kan pêrre vir die Monties wees indien hulle die nodige spasie gegun word.
Die spanne:
Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Oos-Moot om 13:40 in Middelburg
HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Luhan Graaf, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Jaque Stassen, 9 Ruben Erasmus, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Johandre Engelbrecht, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 C-Jay Potgieter.
Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Afford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.
Ligbron Akademie t. Hoërskool Montana om 12:50 in Ermelo
Ligbron: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Classen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamisanqa Lamula, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nlapho.
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Dirk Coetzee, 10 Tyron van Rooyen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Kyle Bronkhorst, 5 Reuben van Hamersveld, 4 Martin venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Martinus Oberholzer.
Hoërskool Transvalia t. Hoërskool Kempton Park om 12:45 in Vanderbijlpark
Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Botes.
Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Christiaan Kloppers, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.
Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Klerksdorp om 12:00 in Middelburg
Hoerskool Middelburg: 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.
Klerksdorp: 15 Winton Abrahams, 14 Louis Vorster, 13 Asif Sumara, 12 Ewald Jansen, 11 Tyron Masango, 10 Brendin Mathyse, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Bokamoso Mabeleng, 6 Tiaan Koen, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.