SuperSport Schools Plus

Rooi Bulle baas in Middelburg-kraal

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-12 Tags: , , , , , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard

MIDDELBURG – Die Rooibulle slaag daarin om die Middies vir die eerste keer sedert 2017 te klop.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

HTS Middelburg is die nuwe baas in Middelburg.

Die Rooibulle het vir Hoërskool Middelburg in ‘n uiters aanskoulike kragmeting, op die Middies se tuisveld, met 31-24 verslaan in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

Die twee buurskole het die rekordskare van nagenoeg 15 000 toeskouers vir die volle 70 minute met avontuurlustige skolerugby, vasgenael gehou.

Tot kort voor die eindfluijie was niemand nog seker wie met die loure sou wegstap nie. Dit was toe HTS se linkervleuel, CJ Muller, soos ‘n pyl uit ‘n boog langs die kantlyn af genael en in die hoekie gedruk het om die sege te beklink.

Die kragmeting het ‘n skopstryd behels wat vir ‘n mens laat voel het asof jy na ‘n toetswedstryd sit en kyk.

Die Middies se losskakel en skerpskutter, Matthew Abbey, het die tuisspan deurentyd met sy akkurate korrelwerk pale toe in die prentjie gehou. Boonop het hy, à la Handré Pollard, kort na halftyd oorgeduik vir een van sy span se twee drieë om uiteindelik ‘n persoonlike bydrae van 16 punte tot sy span se totaal te lewer.

Die Rooibulle se loskakel, Jaque Stassen, het ewe indrukwekkend vertoon om dikwels die Middies se ongedissiplineerde spel te straf met sy stewel en het, nes Abbey, ook 16 punte aangeteken.

HTS se oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, het met sy formidabele voorbeeld gelei, en met sy energieke spel en ongelooflike hoë werkverrigting was hy ongetwyfeld die uitstaande speler op die veld.

In Kempton Park het Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Zwartkop ook gesorg vir ‘n naelbytstryd. Die Kempies het uiteindelik met ‘n telling van 34-26 die wa deur die drif getrek, maar dit was allermins ‘n maklike oorwinning en dié kragmeting is ook kort voor die eindfluitjie eers beslis.

Die tuisspan het hard teruggeveg in die tweede helfte om ‘n rustydagterstand van 14-19 uit te wis. Dit was slegs in die laaste 15 minute dat die keerpunt gekom het, toe die Zwarries tot 14-man ingekort is danksy ‘n rooi kaart.

Dit het vir Kempies se linkervleuel, Ettienne Stroebel, met speeltyd reeds verstreke, in staat gestel om deur te breek en op die nippertjie ‘n sege vir die tuisspan te verseker.

Puntemakers:

HTS Middelburg 31 (16) – Drieë: Luan Graaff, Toy Engelbrecht, CJ Muller. Doelskoppe: Jaque Stassen (2). Strafdoele: Stassen (4). Hoërskool Middelburg 24 (9) – Drieë: Roux Grobler, Matthew Abbey. Doelskop: Abbey. Strafdoele: Abbey (4), Crawford Joubert.

Kempton Park 34 (14) – Drieë: Ettienne Stroebel, Tiaan Delport, Armandt Botha, Deon Mulligan. Doelskoppe: Tiaan Delport (4). Strafdoele: Delport (2). Zwartkop 26 (19) – Drieë: Brandley Cronje, Brian Smith, Kyle Blignaut, Strafdrie. Doelskoppe: Luhardt Booyens (2).

Oos-Moot 43 (22) – Drieë: David Joubert (2), Dewron Aford (2), Connor de Jager, Jayden Pretorius. Doelskoppe: Ruwan Allen (5). Strafdoele: Allen (2). Montana 31 (7) – Drieë: Ruben van Hammersveld, Devan van der Merwe, Marinus Oberholzer, JF Venter, Hendrew Schoeman. Doelskoppe: Devan van der Merwe (2), Jacques Greyling.

Transvalia 43 (31) – Drieë: Wynand Stols (2), Tumi Moloi (2), Vincent Brits, Siya Khambule, Kani Mohapi. Conversions: Dylan Steinman (4). Ligbron 35 (11) – Drieë: Neo Zwane (2), Lethi Ngwenya (2), Bandile Thanjekwayo. Doelskoppe: Divan van Jaarsveld (2). Strafdoele: Van Jaarsveld (2).

Ander spanne:

o.16: Oos-Moot 22, Montana 19; Kempton Park 17, Zwartkop 15; Transvalia 25, Ligbron 21; HTS Middelburg 23, Middelburg 20.

o.15: Oos-Moot 29, Montana 17; Kempton Park 41, Zwartkop 10; Transvalia 13, Ligbron 7; Middelburg 36, HTS Middelburg 6.

o.14: Oos-Moot 31, Montana 5; Kempton Park 35, Zwartkop 10; Transvalia 28, Ligbron 6; Middelburg 40, HTS Middelburg 0.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.