SuperSport Schools News

Rhinos kry na net sewe dae kans om bordjies in die Moot te verhang

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-04-25 Tags: , , , , , , , ,

Foto: Frans Lombard/Actionpix.

Slegs sewe dae na sy 31-14 nederlaag sal die Rhinos van Hoërskool Nelspruit die geleentheid kry om die bordjies teen Hoërskool Oos-Moot te verhang.

Die Rhinos reis na Pretoria waar hulle om 15:00 Satermiddag vir die tweede agtereenvolgende week met die Oosies van Oos-Moot swaarde kruis.

Dié stryd, veral in die Moot, is geskiedkundig ’n taai een. Dit is ook ’n uitstekende bepaling om vanjaar se Plaat-afdeling van die nuut vernoemde Virseker Noordvaal Cup af te skop.

Die Rhinos, wat slegs drie van hul beginspan in verlede naweek se wedstryd teen die Oosies gehad het, verwelkom die meeste van die afwesiges terug.

Kaptein en binnesenter, Rian Botha, neem weer die leisels. Sy terugkeer is egter nóg belangriker om sodoende verlede naweek se doring in die vlees, Oos-Moot se binnesenter, Karel de Kock, te tem. Jeandré Aucamp neem weer sy plek langs Botha in om die Rhinos se middelveld weer na volsterkte te bring.

Skrumskakel Kamo Monkwe is ook terug op sy pos, wat vir die Rhinos moontlik ekstra woema agterlangs behoort te gee. Vir die Oosies sal Doneal Weideman in die middel van die skrum op haker sak. Dit beteken dat die woelige Thando Telelo se dienste Saterdag op loskopstut benut sal word.

Hoërskool Wesvalia en die gevaarlike Wit Bulle van Hoërskool Montana is reeds Vrydag om 19:30 in Klerksdorp haaks. Albei spanne lek nog wonde na nederlae in die NWU Prestige-reeks se halfeindrondes verlede Saterdag. Boonop is dit die Wit Bulle se terugkeer na die Plaat-afdeling nadat hulle verlede jaar se Skild-afdeling oorheers het. Dus sal ’n sege weg van die huis af met ope arms verwelkom word.

Die Wessies, reeds ’n jaar in dié afdeling, blyk altyd kompeterend te wees en sal ’n sege in hul tweede laaste tuiswedstryd vir die seisoen baie beteken, veral omdat vanjaar se Plaat reeds van meet af kompeterend lyk. Die Monties se pak sal fyn dopgehou moet word, veral omdat gevaarmanne soos loskakel Rubel Bester en buitesenter Luan Barnard kan losbrand. Die Wessies se antwoord hierop sal egter agtsteman Tiaan de Kock wees. De Kock skuif na agtsteman in die afwesigheid van Quewen Fourie. Jean van Wyk neem syu plek op steelkantdlank in.

Hoërskool Zwartkop se Vikings is vanjaar een van die groot gunstelinge om met dié afdeling se titel weg te stap, maar sal reeds in hul eerste wedstryd teen Hoërskool Klerksdorp in Centurion getoets word. Dit was juis die Zwarries wat vir Montana ’n week gelede die loef afgesteek het, terwyl die span van Klerksdorp met ’n gelykopuitslag (17-elk) tevrede moes wees.

Die Zwarries se buitesenter, Stiaan Botha, blyk op sy beste te wees en sal dit vir ’n gedugte tweestryd in die middelveld sorg tussen hom en David van Jaarsveld, asook die besoekers se Simphiwe Nero en Marco Symmington.

Die spanne is:

Oos-Moot t. Hoërskool Nelspruit om 15:00 in Pretoria:

Oos-Moot: 15 Michael Bhuda, 14 Brian Jacobs, 13 Jayden Meintjies, 12 Karel de Kock, 11 LJ Vaughn, 10 Tesuis van der Merwe, 9 Arno Badenhorst, 8 Riyaan Wilson, 7 Juandré Botha, 6 Divan Summers, 5 Ulrich Gerber, 4 Emile Kotze, 3 Sinawo Stengana, 2 Doneal Weideman, 1 Thando Telelo.

Hoërskool Nelspruit: 15 Randzu Mkhabela, 14 Tye Habib, 13 Jendré Aucamp, 12 Rian Botha, 11 Hanré Smit, 10 Ewan van der Merwe, 9 Kamo Monkwe, 8 Vian Louw, 7 Christiaan de Klerk, 6 Aldo van Jaarsveld, 5 Robroy Mac Gregor, 4 Ruan Ehlers, 3 Marcel Lindeque, 2 Sebastiaan Rheeder, 1 Christiaan Viljoen.

Wesvalia t. Montana om 19:30 Vrydag op Klerksdorp:

Wesvalia: 15 Wilson Letholi, 14 Ruben de Klerk, 13 Jaco Combrink, 12 Dundré Hales, 11 Markus Muller, 10 Wian du Preez, 9 Brandt Muller, 8 Tiaan de Kock, 7 Jean van Wyk, 6 Christiaan Swanepoel, 5 JP Hattingh, 4 Dominic Kath, 3 Charl du Preez, 2 Christiaan Naudé, 1 Jordan van der Schyff.

Montana: 15 Edrich Strydom, 14 Corban Kruger, 13 Luan Barnard, 12 Henroe Colyn, 11 Christiaan Booysen, 10 Rubel Bester, 9 Du Preez Prinsloo, 8 Ulrich van Biljon, 7 Shawn Moabelo, 6 Reghardt van Biljon, 5 Jayden Cloete, 4 Eric Potgieter, 3 Kyle van Schalkwyk, 2 Juan Theunissen, 1 Louan Erasmus.

Zwartkop t. Hoërskool Klerksdorp in Centurion:

Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 Rowan Badenhorst, 13 Stiaan Botha, 12 David van Jaarsveld, 11 Waylin Papier, 10 Tilon Baron, 9 Ruvan Burger, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Mikka Allers, 5 Jethro le Roux, 4 Herman Potgieter, 3 Ruben Harvey, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyran Masango, 13 Simphiwe Nero, 12 Marco Symmington, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Brendin Mathyse, 9 Rellston Wilson, 8 Gerrit Koen, 7 Daniel Schoeman, 6 Karabelo Maseka, 5 Jayden Hills, 4 SG de Klerk, 3 De Waal Coetzer, 2 De Wyk Pretorius, 1 Ricko le Roux.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.