Potch Gimmies, Ellisras en Hans Moore bult spiere in uitspeelrondes van Groep 2
Sake begin nou ernstig raak in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup.
Daar is slegs agt eerstespanne oor na die naweek se uitspeelwedstryde wie nog met die titel kan wegstap. Potchefstroom Gimnasium, Hans Moore van Benoni en Ellisras van Lephalale het almal hul spiere behoorlik tydens die uitspeelrondes gebult.
Potchefstroom Gimnasium het op sy tuisveld neffens die Mooirivier vir Centurion met 39-12 behoorlik die loef afgesteek. Potch Gimmies se losskakel, David Ndala, het 14 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken.
Die kragmeting sou ‘n bittersoet ervaring vir die Woeries se spanbestuurder, Koot Booysen, gewees het. Booysen was voorheen die rugbyorganiseerder by Potch Gimmies.
Potch Gimmies sal op sy tuisveld in die kwarteindronde teen Brandwag van Benoni te staan kom. Die span van Benoni het sy plek in die volgende ronde met ‘n sege van 24-19 oor Rob Ferreira van Witrivier bespreek.
Die Valke se kampioen, Hans Moore, het op alle silinders gevuur en HTS Tom Naudé van Polokwane met 47-17 verslaan. Die span van Benoni sal in die kwateindronde na Rustenburg moet reis om teen Bergsig Akademie kragte te meet.
Bergsig was self op sy stukke en het die Hoërskool Randburg met 46-29 in hul uitspeelwedstryd verslaan.
Limpopo se kampioen, Ellisras, is sonder twyfel een van die vroeë gunstelinge om die titel te verower. Die span van Lephalale het die Blou Bulle se naaswenners, Overkruin, met 55-10 afgeransel.
Ellisras sal na Alberton vir hul kwarteindstryd reis waar hulle teen die Goue Leeus se kampioenspan, Hoërskool Dinamika, te staan sal kom. Dinamika wat deur Ashley Roodt en Barry Geel gebrei word, het sy plek in die kwarteindronde met ‘n oorwinning van 19-8 oor HTS Witbank bespreek.
Geel het op sy dag as speler vir Griekwas en die Cheetahs uitgedraf.
Die verdedigende kampioen van die reeks, Midstream College, moes so ietwat sweet om vir Frikkie Meyer in Thabazimbi met 28-23 te troef. Die tuisspan het teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 9-7 geniet, voordat die verdedigende kampioen na ‘n hoër rat oorgeskakel het.
Midstream College sal in hul kwarteindstryd teen die Hoërskool Ermelo te staan kom. Die Erries het vir Oosterlig met 20-10 uitgeskakel. Die kragmeting sal in Ermelo plaasvind, terwyl die Erries nog ‘n bondgenoot in hul hoek het in die vorm van die Springbokke se tegniese adviseur tydens die Wêreldbeker-toernooi van 1995, Rudy Joubert.
Puntemakers:
Hans Moore 47 – Drieë: Keagan van Zyl (2), Tristan Fletcher, Dian Britz, Denzil Kotze, Strafdrie. Doelskoppe: Stephan Kellerman (2). Strafdoele: Kellerman (3). HTS Tom Naudé 17 – Drieë: Dylan Potgieter, Kenielwe Phosa, Nathan Johnson. Doelskop: Potgieter.
Bergsig Akademie 46 – Drieë: MJ Pretorius (2), Dewald Potgieter, Siya Buthelezi, Clayton Reed. Doelskoppe: Simeon Botha (5). Strafdoele: Botha (2). Hoërskool Randburg 29 – Drieë: Dareau du Plessis (2), Hendré Breet, Dewald Booysen. Doelskoppe: Charl le Roux (3). Strafdoel: Le Roux.
Brandwag (Benoni) 24 – Drieë: Nardes Bloemhoff, Theuns Goosen, Logan Turvey. Doelskoppe: Sheldon Lucas (2). Strafdoel: Lucas. Rob Ferreira 19 – Drieë: Tlotlo Ratshwene, Thabo Mashego, Lungelo Mokwena. Doelskoppe: Ofentse Maunye (2).
Potchefstroom Gimnasium 39 – Drieë: PC Schutte, Tobias van Dyk, Jean Groenewald, Lourens Jacobs, Delarey Joubert, Morné van Staden, David Ndala. Doelskoppe: David Ndala (3). Strafdoel: Ndala. Centurion 12 – Drieë: Reinald Badenhorst, Waldo Koeleman. Doelskop: Ronald McCrimmon.
Dinamika 19 – Drieë: Tiaan Saayman, Dylan Serfontein, Kobus Reyneke. Doelskoppe: Jayden Serfontein (2). HTS Witbank 8.
Midstream College 28 (7) – Drieë: Justin Hattingh, Tian Pretorius, Kago Montene, Jaedon de Leeuw. Doelskoppe: De Leeuw (4). Frikkie Meyer 23 (9) – Drieë: Jeselte van Rooyen, Luan Ras. Doelskoppe: Edward Terblanche (2). Strafdoele: Terblanche (3).
Overkruin 10 – Drieë: Anthony Phiri, Luyolo Doyi. Ellisras 55.
Ermelo 20 – Drieë: Riaan Janse van Rensburg, Carel Jacobs. Doelskoppe: Jacobs (2). Strafdoele: Jacobs (2). Oosterlig 10 – Drie: Ryan de Sousa. Doelskop: Caiden Serfontein. Strafdoel: Serfontein.
Ander spanne:
o.16: Hans Strijdom 24, HTS John Vorster 14; Piet Retief 12, Dinamika 12 (Piet Retief dring deur danksy eerste punte aangeteken); Bergsig 37, Randburg 31; Oosterlig 35, Ermelo 22; Frikkie Meyer 15, Wonderboom 10; Brandwag 24, HTS Tom Naudé 12; Hans Moore 23, HTS Witbank 22; Wagpos 21, Midstream College 20.
o.15: Piet Retief 12, Hans Moore 7; Randburg 40, HTS Witbank 17; Wagpos 24, Dinamika 3; Ermelo 17, Oosterlig 7; Centurion 24, Frikkie Meyer 7; Ben Viljoen 24, Midstream College 0; Potch Gimmies 17, Pretoria-Noord 10; Driehoek 31, HTS Tom Naudé 7.
o.14: Leeuwenhof 22, Hans Strijdom 10; Piet Retief 43, Hans Moore 12; Randburg 5, HTS Witbank 5 (Randburgdring deur danksy eerste punte aangeteken); Ellisras 37, Centurion 3; Wagpos 22, Dinamika 10; Oosterlig 11, Rob Ferreira 5; Midstream College 23, Frikkie Meyer 13; Potch Gimmies 29, HTS John Vorster 12.