SuperSport Schools Plus

Plasies se Bulkraal skuif reg vir Gimmie-golf

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-07-11 Tags: , , , , , , ,

Die langverwagte stryd tussen Merensky Landbou Akademie en Potchefstroom Gimnasium het uiteindelik aangebreek.

En, 2022 sal nog vars in die Plasies se geheue wees.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

Die twee voorlopers in die Bowl-afdeling pak mekaar Saterdagmiddag op die plaas in Tzaneen.

Vir die Gimmies se matriekgroep sal die Plasies se A-veld goeie herinneringe inhou. Dit is immers daar waar hulle die Plasies op o.16-vlak in die Noordvaal Afdeling 2 se uitspeelrondes met 38-7 die loef afgesteek het.

Vir die Plasies se ou manne is dit natuurlik onafgehandelde sake, wat meer vet op die vuur gooi voor Saterdag se stryd.

Die Gimmies se haker, Jaco Nel, was in 2022 reeds ‘n klippie in die Tzaneeners se skoen en sal Saterdag daardie reputasie wil gestand doen. Nel beleef tot op hede ‘n uitstekende seisoen en is een van die Potchefstromers se staatmakers op die aanval, en skroom verál nie om betrokke te raak by die afbreekpunte nie.

Die span van Potchefstroom sal egter vir die res van die seisoen sonder die fisieke Jhanco de Beer in die middeveld moet klaarkom. Die binnesenter se besering bied aan Jaap van der Westhuizen die geleentheid om sy staal te wys. David Ndlala, die Gimmies se Cravenweek-verteenwoordiger, sal weer op linkervleuel in aksie wees.

Die Plasies het self onder die beseringspook deurgeloop in die middeveld. Binnesenter, Maritz Meintjies, is steeds op die krukkelys met ‘n enkelbesering, terwyl Jens Bezuidenhout ook nog las ondervind van ‘n heupbesering. Ulrich Mare, wat voor die vakansie op die krukkelys was, maak sy terugkeer om Bezuidenhout op buitesenter te vervang.

Die Plasies se sterk baldraer, Hardus Terblanche, maak ‘n interessante skuif van agtsteman om Meintjies se plek op binnesenter in te neem, terwyl Lukas Pieterse vir Terblanche op agsteman vervang.

Hoërskool Eldoraigne se Drake sal vir die eerste keer sedert die begin van die seisoen met ‘n volsterkte span na Potchefstroom reis waar hulle teen ‘n begeesterde Potchefstroom Volkskool te staan kom.

Die Eldos het voor die breek met slegs hul derde oorwinning van die jaar, teen Hoërskool Randburg (23-17), beïndruk. Losskakel en skerpskutter, JP Meyer, se skopstewel behoort weer deurslaggewend te wees in ‘n hewige stryd wat vir die volle 70 minute behoort te duur.

Meyer sal egter met een oog moet oop slaap aangesien Christoff Nel op hom wag. Nel was ‘n uitblinker vir die Luiperds se Akademieweek-span gedurende die vakansie en sal voor sy tuisskare sy goeie spelpeil wil voortsit.

Hoërskool Randburg verwelkom vir Hoërskool Dr. Malan in Randburg. ‘n Oorwinning is ononderhandelbaar vir albei spanne, en verál vir die tuisspan indien hulle hoop om ‘n plek in die Afdeling se uitspeelrondes te verseker.

Duncan Beaven, die Randburgers se agtsteman en uitblinker vanjaar, sal wil vuur maak onder sy groot pak, aangesien dit is waar die tuisspan die oorhand kan bewerkstellig.

In nóg ‘n kritieke kragmeting ten opsigte van die uitspeelrondes, reis Hoërskool Alberton na Brits waar hy met Hoërskool Wagpos sal swaarde kruis. Die span van Alberton moet sonder hul heelagter en kaptein , Carlos Majiet, klaarkom, maar breier, Bobby McLeod, sal hoop dat dit sy span aanspoor om alles in die stryd te werp vir ‘n sege.

Die spanne:

Merensky Landbou Akademie t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Tzaneen

Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Andres Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Hardus Terblanche, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Lukas Pieterse, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Franco Badenhorst, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jaap van der Westhuizen , 11 David Ndlala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Voster, 5 Tobias van Wyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

Potchefstroom Volkskool t. Eldoraigne om 12:30 in Potchefstroom

Potchefstroom Volkskool: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Lemile Uys, 10 Johandre Marre, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Marlu du Preez, 1 Daniel Strydom.

Eldoraigne: 15 Divan van Rooyen, 14 Tristan Lee, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Manie Buitendagh, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 SW Liebenberg, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

Hoërskool Randburg t. Dr. Malan om 11:30 in Randburg

Hoërskool Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Shandre Vermaak, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor van Blerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

Dr Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouche.

Hoërskool Wagpos t. Hoërskool Alberton om 12:20 in Brits

Wagpos (moontlik): 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Dian Coetzee, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Antonio Galvan, 6 Du Toit van Deventer, 5 Nathan Louw, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruidelingh, 2 Tristan van der Westhuizen, 1 Armant Botha.

Hoërskool Alberton: 15 Jaydon Moster, 14 Siswe Dube, 13 Nathan Reichardt, 12 Ewan Muller, 11 Sipho Sibonye, 10 Dewald de Jager, 9 Ayanda Madebane, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Matthews, 6 Jason Nel, 5 Herman du Preez, 4 Kay-C Nel, 3 Zander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.