Oranje wys Paarl wie’s baas
Die netbalbane in die Paarl was aan die brand die afgelope naweek, met Oranje Meisieskool wat die Paarl-reuse in hul eerste interskole die stryd aangesê het.
Oranje se eerste netbalspan het in hul onderskeie kragmetings met sowel Paarl Gimnasium as Hoër Meisieskool Paarl as oorwinnaars uit die stryd getree.
Die naweek se opwinding het begin met Oranje en HMS Paarl wat mekaar gepak het.
Die wedstryd het teen ‘n taamlike tempo afgeskop, met die spanne wat kop-aan-kop met 7-7 getrek het teen die einde van die eerste kwart. Oranje het egter in die daaropvolgende kwarte die gaping vergroot om uiteindelik die wedstryd te oorheers.
Teen die einde van die tweede kwart het hulle ‘n voorsprong van 17-11 opgebou en die derde kwart met ‘n telling van 23-17 afgesluit. Ondanks ‘n dapper terugvegpoging van HMS Paarl in die laaste kwart, het Oranje seëvierend uit die stryd getree met ‘n eindtelling van 28-23.
Anja Cohen van Oranje is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Uit die 30 netbalwedstryde wat HMS Paarl teen Oranje gespeel het, het HMS Paarl 26 gewen, een gelykop gespeel en drie verloor.
Saterdag het nog ‘n moeilike kragmeting op Oranje gewag toe hulle vir Paarl Gimnasium aangedurf het. Oranje het egter in elke kwart met meer as vier doele voorgeloop om uiteindelik met ‘n telling van 25-20 as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Terwyl Oranje hul oorwinnings gevier het, het HMS Paarl en Hoër Meisieskool Bloemhof ook kragte gemeet, met HMS Paarl wat weer met 21-28 die knie moes buig.
Oranje se uitslae teen Paarl Gimnasium:
(Oranje tellings eerste)
o. 19A 25-20
o. 19B 18-22
o. 19C 15-26
o. 19D 20-17
o. 19E 19-18
o. 19F 34-4
o. 19G (T. O.17C) 4-40
o. 18H (T. O.17D) 2-48
o. 17A 11-19
o. 17B 13-27
o. 16A 10-18
o. 16B 16-21
o. 16C 8-17
o. 16D 13-22
o. 15A 13-19
o. 15B 18-20
o. 15C 11-16
o. 15D 5-29
o. 14A 13-23
o. 14B 9-18
o. 14C 13-8
o. 14D 12-16
o. 14E 11-15
o. 14F 24-9
o. 14G 4-11
o. 14H 6-9
Oranje se uitslae teen HMS Paarl:
19A 28-23
o. 19B 20-22
o. 19C 19-26
o. 19D 20-16
o. 19E 24-6
o. 19F (T. O.17C) 15-24
o. 19G (T. O.17D) 9-10
o. 18H (T. O.17E) 9-14
17A 18-20
o. 17B 16-28
16A 11-16
16B 10-24
16C 20-20
16D 14-17
16E 10-21
16F 7-13
15A 12-21
15B 7-30
15C 15-22
15D 20-22
15E 15-25
15F 6-23
14A 8-19
o. 14B 20-23
o. 14C 11-18
o. 14D 13-25
o. 14E 8-23
o. 14F 9-25
o. 14G 2-11
o. 14H 1-17