SuperSport Schools Plus

Oranje sal veg om hul titel as Vrystaat-kampioene te behou

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-06-15 Tags:

FOTO: Oranje Facebook-blad

Die Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein sal Vrydag hul kampioen-titel verdedig wanneer hul Hoopstad in hul eerste wedstyd vir die Vrystaatbeker 2023 speel.

Die kampioenskappe word op 16 en 17 Junie in Odendaalsrus aangebied.

Oranje is as die 2022-kampioene gekroon nadat hulle Sentraal in die eindstryd gewen het.

Oranje, wat ook teen Eunice, Witteberg en Wilgevrivier sal speel, het hul plek in die kampioenskappe verseker nadat hulle as die Motheo-ligawenners gekroon is.

In ’n onverwagse wending was die finaal van die Motheo-liga weens onvoorsiene omstandighede gekanselleer.

Oranje het as die kampioene uit die stryd getree nadat Sentraal, hul gedugte opponente, weens siekte en beserings onder hul spanlede aan die eindstryd moes onttrek.

Tralies, wat hierdie jaar as die FNB Classic Clashes-wenners gekroon is nadat hul Jim Fouche 35-28 gewen het, sal ook tydens die kampioenskappe in aksie wees en in hul poelwedstryde Goudveld, Teto, Voortekker en Sasolburg die styd aan sê.

Die halfeindstryde sal Saterdag 10:30 plaasvind waarna die eindstryd om 14:10 sal wees.

Die voorste twee spanne per ouderdomsgroep tydens die uitspele dring deur tot die DStv Schools Challenge.

Die vyf spanne wat dit sal uitveg in Poel A is Wilgerivier, Hoopstad, Oranje, Witteberg en Eunice.

In Poel B sal Sasolburg, Goudveld, Sentraal, Voortrekker en Teto teen mekaar meeding.

Die spanne is:

Motheo-streek

Oranje: Mari Nortje, Roline Louw, Cara Smith, Marianne Louw, Karla Victor (kaptein), Minke Delport, Amy Fröhlich, Marguerite Cronje, Jessica Barnard, Marilet Blom.

Hoërskool Sentraal: Nicola van der Wath, Wilmie Rust, Chene de Villiers, Marli van der Merwe, Danita du Plessis, Izanne van Aswegen, Chareze van der Merwe, Dani Nienaber, Keevy-Ann Fourie, Elbé van der Merwe.

Eunice: Lee-Ann Usher, Keren Usher, Carmen du Plessis (kaptein), Carli de Jager, Kgoboso Monyobo, Busisiwe Zulu, Tarien van der Linde, Annemè Kruger, Daniella Hugo, Irene Struwig en Mienke Esterhuyse

Fezile Dabi-streek

Hoërskool Wilgerivier: Lana Smit, Anieke Fritz, Marli Loggenberg, Elsabè Claasen, Tianè Steyn (kaptein), Susan Fourie, Danicia Groenewald, Su-mari Erasmus

Hoërskool Sasolburg: Cindy Nhlapo, Bokamoso Khota, Hope Mabilu, Anzel Ferreira, Khanyi Phehlukwayo, Lize Meyer, Shané Pretorius, Martha Banutelo.

Dihlabeng-streek

Voortrekker: Chloe Opperman, Elizbe Heyns, Anke Heyns, Jasmine Liebenberg, Heili Pretorius, Siba Booi, Lykie Jonck, Celri Botha, Karli van Niekerk

Witteberg: Tharina O’Connor, Katleho Mokhina, Ziané Lottering, Querida Ackeer, Lesedi Motaung, Sharmell Nkomo, Zinathi Matshotyana, Leozé Lottering, Jané de Villiers

Lejweleputswa-streek

Goudveld-Hoërskool: Atli Molaoa, Ruane Jansen van Vuuren, Nonnie Mjaliswa, Ilke de Klerk, Nadia Myburg, Levi Oehley, Britney Wasyliszyn, Hailey Harker, Ashley Wasyliszyn

 

 

 

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.