SuperSport Schools Plus

Oranje mik na top-plek by SA Skole

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-03-05 Tags:

Marguerite Cronje (k), Cara Smith, Amy Fröhlich, Nadine Jonck, Marianne Louw, Diné le Roux, Jessica Barnard, Danielle van Jaarsveld, Anja Cohen, Karin Truter.

Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje skitter op die gebied van netbal en spog met ‘n nalatenskap vol prestasies.

Nie alleen was hulle die Interskole-kampioene van 2023 nie, hulle het dit vermag deur Hoër Meisieskool Bloemhof te klop met 35-23, die grootste Inter-sege van die afgelope bykans 13 jaar.

Onder die gesoute afrigting van Surita le Roux, is die span oorgehaal om vanjaar ‘n top-posisie by die komende SA Skole-toernooi te behaal, ten spyte daarvan dat hulle verlede jaar vyfde geëindig het,

Die span spog met ‘n lys hoogs talentvolle spelers, soos Marguerite Cronje, wat die span lei as kaptein, Cara Smith, Amy Fröhlich, Nadine Jonck, Marianne Louw, Diné le Roux, Jessica Barnard, Danielle van Jaarsveld, Anja Cohen en Karin Truter.

Louw het reeds haar merk gemaak deur Suid-Afrika se o. 16-netbalspan te verteenwoordig.

Le Roux benadruk die belangrikheid van nederigheid en vasberadenheid, terwyl elke wedstryd beskou moet word as ‘n geleentheid om uit te blink, ongeag die opponent. Om enige teëstander te onderskat is eenvoudig nie ‘n opsie nie, aangesien elke wedstryd  dieselfde benadering en, inderdaad, toewyding verg.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.