SuperSport Schools News

Ondersoek deur Valke Rugbyunie bevind Stassen is wel o.18

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2015-07-11

 

NuusG StassenDie gerugte dat die Valke se Cravenweek-kaptein, Hendré Stassen, oor drie identiteitsnommers beskik is waar.

Die slot van die Hoërskool EG Jansen in Boksburg is wel nog o.18 en sal dus vanjaar aan die 52ste Cravenweek vir hoërskole (vir o.18-spelers) wat Maandag in Stellenbosch afskop voor die vir Valke uitdraf.

’n Ondersoek deur die Valke-rugbyunie (VRU) het bevind dat Stassen wel vroeër vanjaar op 8 Januarie sy 18de verjaarsdag gevier.

Die ondersoek wat deur die VRU se uitvoerende bestuurder, Jurie Coetzee, gelei is, het bevind dat met sy aanvanklike registrasie sy geboortedatum as 21 Desember 1996 opgeteken. Dis egter die datum toe sy ma, Rilly, in die hospitaal opgeneem is. Hendré is op 8 Januarie 1997 gebore. Sy ma is vroeër vanjaar oorlede.

Die VRU se ondersoek het gevind dat die Stassens in Maart 1998 vir die eerste keer probeer het om dié fout by die departement van binnelandse sake reg te stel. Die proses is in 1999, 2002 en 2005 herhaal sonder enige sukses.

Die departement van binnelandse sake het op 14 Mei vanjaar in ’n brief bevestig dat sy identiteitsnommer op 20 Mei 2011 verander is, om ’n geboortedatum van 29 Desember 1997 weer te gee. Die ondersoek van die VRU stel dat dit nooit die versoek was nie en dat dit onseker is hoekom dit so verander is.

Na ’n versoek op 23 April 2013 op sy ma se identiteitsnommer is ’n geboortedatum van 29 Desember 1997 vir Hendré aangedui. Daar is toe besluit om te wag tot na sy 18de verjaarsdag om om die fout reg te stel wat sy derde identiteitsnommer tot gevolg gebring het.

Stassen se naam behoort vanjaar na afloop van die Cravenweek in die nasionale skolespan uitgelees te word indien hy op sy vertonings tot dusver vanjaar op die rugbyveld kan voortbou. Hy het verlede jaar op dié toernooi in Middelburg (Mpumalanga) reeds sterk aanspraak gemaak op ’n plek in die nasionale span.

Stassen is in 2003 skool toe na die Laerskool Concordia in Boksburg gestuur. Dit is destyds gedoen omdat hy reeds toe groot van statuur vir sy ouderdom was. Stassen 2.01 m in sy sokkies en laat die skaal op 114 kg kreun.

Volgens die verslag is in 2012 besluit dat dit vir hom as leerling beter sou wees om graad tien in 2013 te herhaal.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.