SuperSport Schools News

NWU Prestige-reeks se titel lê steeds in vier rigtings om van te kies

By Franco Oberholzer , in Featured | Main Rugby | Featured Rugby | News , at 2026-04-17 Tags: , , , , , ,

FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

Enige twee van aanstaande Saterdag se halfeindstryde in NWU se Prestige-reeks kon net sowel as eindstryde gesien word.

Die vier spanne wat nog op dié reeks se titel aanspraak kan maak, beskik elk oor die vermoë om die ander op enige gegewe dag om te dop.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

Die grootste tweestryd sal tussen twee van die min onoorwonne spanne by vanjaar se Noord/Suid-toernooi om 16:10 by Hoërskool Hugenote van Springs plaasvind.

Die hooggeagte Hoërskool Zwartkop kan heel moontlik as gunsteling, om met die titel weg te stap, beskou word. Hy sal egter eers oor die tweede laaste hekkie, in die vorm van Hoërskool Montana, moet kom. Indien die Zwarries se Vikings dit kan vermag, sal óf Hoërskool Wesvalia óf die onvoorspelbare Heidelberg Volkskool vir hom in die eindstryd wag.

Die Zwarries se sukses gedurende die gesogte toernooi by Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria teen die twee rugbykragte van Bethlehem, Voortrekker (50-14) en Witteberg (45-5)  te staan gekom. Hy het albei kere 40 punte of meer op die bord gesit. Die Monties het op sy beurt met Wesvalia afgereken (31-24), waarna hy vir Hoërskool Kempton Park met 29-3 uit die pad gevee het.

Die vier bogenoemde spanne sal mekaar weer later vanjaar in die Virseker Noordvaal Cup se Plaat-afdeling takel, indien dié se paaie nie in die uiteindelike ronde van die Prestige-reeks kruis nie.

Zwartkop en Montana beskik albei oor goed afgeronde spanne. Die tweestryd tussen die losskakels, Tilon Baron (Zwartkop) en Rubel Bester (Montana) sal waarskynlik die pas in dié kragmeting aangee. Daar sal nietemin eers voorlangs arm gedruk moet word. Vir die Vikings is sy haker, Regan Blignaut, ‘n groot wapen in sy arsenaal, terwyl die Monties se agtsteman en kaptein, Ulrich van Biljon, vir hom aan die ander kant wag.

Wesvalia sal graag op sy goeie verhouding met eindstryde wil voortbou. Die span van Klerksdorp het in die laaste drie jaar in drie eindstryde uitgedraf. Hiervan het hy een gewen, ’n geskiedkundige eerste Noordvaal-titel ooit in die reeks se Skild-afdeling. Hy het vroeër in dieselfde jaar skrams teen Hoërskool Noordheuwel se Blues in die einste Prestige-reeks-eindstryd in Potchefstroom vasgeval.

Dit is egter die Volkies van Heidelberg se droomgroep wat Saterdag, by Hoërskool Die Anker, in Brakpan op hom wag. Agtstemanne, Quewen Fourie (Wesvalia) en Juandré Pretorius (Heidelberg Volkies) sal onderskeidelik hul lippe aflek vir ‘n hewige tweestryd wat tussen hulle in die vastelos wag. In die agterhoede pak nog twee gesoute lede van elke span mekaar in die middelveld wanneer die spanne se binnesenters Vaughn Steynvaart (Heidelberg Volkies) en Dundré Hales (Wesvalia) bots.

Die spanne is: 

Zwartkop t. Montana om 16:10 in Springs: 

Zwartkop: 15 Waylin Papier, 14 Dian du Plooy, 13 Stiaan Botha, 12 David van Jaarsveld, 11 Rowan Badenhorst, 10 Tilon Baron, 9 Ruvan Burger, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Mikka Allers, 5 Jethro le Roux, 4 Herman Potgieter, 3 Ruben Harvey, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Montana: 15 Edrich Strydom, 14 Corban Kruger, 13 Luan Barnard, 12 Henroe Colyn, 11 Christiaan Booysen, 10 Rubel Bester, 9 Du Preez Prinsloo, 8 Ulrich van Biljon, 7 Shawn Moabelo, 6 Reghardt van Biljon, 5 Jayden Cloete, 4 Eric Potgieter, 3 Fanrich Hough, 2 Juan Theunissen, 1 Kyle van Schalkwyk.

Wesvalia t. Heidelberg Volkies om 16:00 in Brakpan:

Wesvalia: 15 Wilson Letholi, 14 Ruben de Klerk, 13 Viandré Heymans, 12 Dundré Hales, 11 Damian Potgieter, 10 Wian du Preez, 9 Brandt Muller, 8 Quewen Fourie, 7 Tiaan de Kock, 6 Christiaan Swanepoel, 5 JP Hattingh, 4 Dominic Kath, 3 Charl du Preez, 2 Christiaan Naudé, 1 Jordan van der Schyff.

Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Steph Loubser, 13 JR Liebenberg, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Jerado Tafel, 10 Tristan Monro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Albie Botha, 4 Jano Dietrechsen, 3 Darius Minie, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.