Nuwelinge reg vir Noordvaal Skild-aksie
Die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling beloof om uiters interessant te wees vanjaar.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).
Hoërskool Wesvalia kom voor hul eerste groot toets in vanjaar se Skild-Afdeling te staan wanneer hulle Saterdag met hul Noordwes-eweknieë, Hoërskool Lichtenburg, in Klerksdorp kragte meet.
Soos wat die geval is met ‘n hele paar ander spanne in die kompetisie, is 2024 die Wessies se eerste jaar in die nuwe afdeling.
Dit behoort hulle egter nie té veel te pla nie, aangesien die span van Klerksdorp tot dusver vanjaar kookwaterrugby opgedis het. Hulle het onder andere vir die groot honde van Krugersdorp, Hoërskool Noordheuwel, in die eindstryd van die NWU Prestige-reeks byna getroef.
Die span van Klerksdorp sal weer heelwat staatmaak op binnesenter, Rickardt van Heerden, wat nie alleen uitstekend is op sowel die aanval as verdediging nie, maar ook die veranwoordelikheid as stelskopper op sy skouers neem. Eduard Dreyer, wat vroeër vanjaar op losskakel ingeskuif het, se goeie visie en aanvoeling vir spasie is ook ‘n beduidende wapen in die Wessies se arsenaal.
Francois Dumond, die Klerksdorpers se woelwater oopkantflank, sal ook sy stempel in die nuwe afdeling wil afdruk. Dumond se werkverrigting maak van hom ‘n doring in die vlees van enige teenstander, en is verál van groot waarde by die afbreekpunte.
Die Liggies het self ook die Prestige-reeks goed aangewend ter voorbereiding van vanjaar se Noordvaal-reeks. Die span van Lichtenburg het stadig begin, maar lyk asof hulle uiteindelik ritme herwin het.
Albert Joubert, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar op losskakel diens doen, sal ‘n sleutelrol hê om te vervul indien die span hoop om suksesvol te wees. Nes Dreyer, beskik hy oor die nodige visie en aanvoeling in die nr. 10-trui, en beloof dit om ‘n liplekker-tweestryd tussen die losskakels af te gee.
Voorlangs sal die ervare agtsteman, Abrie Coetzee, vir die tuisspan met sy begeesterde barslopies en rotsvaste verdediging toets.
In Brakpan pak verlede jaar se Bowl-kampioen, Hoërskool Die Anker, hul tradisionele vyande, Hoërskool Pietersburg, in dié se eerste wedstryd in die Skild-afdeling.
Die twee het mekaar reeds vroeër vanjaar in die NWU Prestige-reeks gepak, met die Pieties wat met 23-17 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die span van Brakpan het intussen egter ‘n paar goeie seges op hul kerfstok geplaas en sal tuisvoordeel ten volle wil benut om die bordjies te verhang.
Die spanne:
Hoërskool Wesvalia t. Hoërskool Lichtenburg om 13:30 in Klerksdorp
Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.
Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.
Hoërskool Die Anker t. Hoërskool Pietersburg om 12:20 in Brakpan
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Branden Sauerman, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Leon Botha.
Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hardus Otto, 12 Zuan Langman, 11 AJ Loots, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Etienne van Jaarsveldt, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Hardus Schoeman, 3 Floris Venter, 2 JP Mostert, 1 Hendro Moulder.
Hoërskool Ben Vorster t. Heidelberg Volkskool om 13:20 in Tzaneen
Ben Vorster: TBC
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Kevin Oormeyer, 12 Kayle Venter, 11 Tiaan Holloway, 10 Hein Oelofse, 9 Pedrie Roets, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Wilco Janse van Rensburg, 5 Dean Last, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.
Hoërskool Jeugland t. Hoërskool Secunda in Secunda
Jeugland: TBC
Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Nathan Erasmus, 2 Rico Schoeman, 1 Stefan Bezuidenhout.