Noord/Suid sal vanjaar weer vir vele hoogtepunte sorg
Soos gewoontlik gaan die groot honde mekaar die stryd aansê tydens die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi wat vanjaar weer deur die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria aangebied sal word. Die gasheer speel op die Saterdag van die toernooi in die hoofwedstryd van die dag teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch.
Dit sal die span van die Eikestad se eerste verskyning op die gesogte toernooi wees. Paul Roos sou in 2020 sy buiging tydens Affies se 100ste bestaansjaar op die toernooi gemaak het, maar weens die Covid 19-pandemie kon daar nie ‘n Noord/Suid-toernooi in 2020 aangebied geword het nie.
Buiten Paul Roos sal HTS Drostdy van Worcester, Glenwood van Durban en Pretoria Boys’ High ook vanjaar vir die eerste keer ‘n verskyning in die toernooi maak. Die spanne wat verlede jaar in aksie was en nie vanjaar weer in die Jakarandastad te sien sal wees nie is – die Hoërskool Outeniqua, Marais Viljoen, HTS Middelburg en Duineveld.
Veral Outeniqua se Kwaggas laat ‘n leemte op die toernooi. Die Rooi Bulle van HTS Middelburg se rugbyprogram het tydens die grendeltyd sonder twyfel ‘n knou gekry. Verwag maar dat die Rooi Bulle weer hard gaan werk om saam met die groot honde te blaf.
Op die eerste dag van die Noord/Suid-toernooi sal Grey-kollege en die Hoërskool Stellenberg vir die eerste keer teen mekaar op eerstespanvlak te staan kom. Die wedstryd tussen Garsfontein en HTS Drostdy se Donkies behoort ook vir heelwat belangstelling te sorg. Die Donkies se nuwe Direkteur van Rugby, Hans Coetzee, se laaste wedstryd aan stuur van sy geliefde Monument in 2016 was teen die einste Garsies.
Garsies het destyds die halfeindstryd van die Virsekerbeker met 35-20 gewen. So Coetzee sal sonder twyfel ‘n appeltjie met Garsfontein te skil hê.
Gepraat van Monnas, hul kragmeting op die Saterdag teen Paarl Gimnasium beloof om een van die hoogtepunte van die toernooi te wees. Gimmies spog vanjaar met ‘n bulspan, maar die Wit Bulle is ‘n span wat nooit afgeskryf kan word nie.
Vrydag, 25 Maart 2022
07:30 – Garsfontein II vs HTS Drostdy II
08:45 – Menlopark II vs Hoër Jongenskool Paarl II
10:00 – Grey-kollege II vs Stellenberg II
11:15 – Waterkloof II vs Welkom Gimnasium II
12:30 – Monument II vs Paarl Gimnasium II
13:45 – Pretoria Boys’ High vs Hoërskool Nelspruit
15:15 – Garsfontein vs HTS Drostdy
16:45 – Waterkloof vs Welkom Gimnasium
18:15 – Menlopark vs Hoër Jongenskool Paarl
19:45 – Grey-kollege vs Stellenberg
Saterdag, 26 Maart 2022
08:00 – Glenwood II vs Noordheuwel II
09:15 – Helpmekaar II vs Durbanville
10:30 – EG Jansen II vs Oakdale Landbou II
11:45 – Affies II vs Paul Roos Gimnasium II
13:00 – Glenwood vs Noordheuwel
14:30 – Helpmekaar vs Durbanville
16:00 – EG Jansen vs Oakdale Landbou
17:30 – Monument vs Paarl Gimnasium
19:00 – Affies vs Paul Roos Gimnasium
Maandag, 28 Maart 2022
07:45 – Menlopark II vs HTS Drostdy II
09:00 – EG Jansen II vs Stellenberg II
10:15 – Helpmekaar II vs Paul Roos Gimnasium II
11:30 – Grey-kollege II vs Waterkloof
12:45 – Garsfontein II vs Hoër Jongenskool Paarl II
14:00 – Glenwood II vs Paarl Gimnasium II
15:15 – Affies II vs Durbanville II
16:30 – Menlopark vs HTS Drostdy
18:00 – Grey-kollege vs Waterkloof
19:30 – Garsfontein vs Hoër Jongenskool Paarl
Dinsdag, 29 Maart 2022
07:45 – Monument II vs Oakdale Landbou II
09:00 – EG Jansen vs Stellenberg
10:30 – Monument vs Oakdale Landbou
12:00 – Glenwood vs Paarl Gimnasium
13:30 – Helpmekaar vs Paul Roos Gimnasium
15:00 – Noordheuwel II vs Welkom Gimnasium II
16:15 – Noordheuwel vs Welkom Gimnasium
17:45 – Affies vs Durbanville
[powr-comments id=”5c10ef7e_1644910561870″]
- Grey skop seisoen Saterdag op Steyners se Sportdag af - 2025-02-19
- Athletics Rankings 2025 | Boys u17 - 2025-02-18
- Athletics Rankings 2025 | Boys u15 - 2025-02-18