SuperSport Schools Plus

Montana en Gimmies in stryd om wenner van Groep C te bepaal

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-03-18 Tags: , ,

NWUPukkeDie kragmeting volgende week tussen Potchefstroom Gimnasium en Montana van Pretoria sal bepaal wie bo-aan Groep C van die NWU-Pukke Prestige-reeks eindig. Gimmies het Saterdag weg van die huis vir HTS Witbank met 39-21 geklop. 

Montana het vir Oosterlig oortuigend met 57-5 kaf gedraf. Gimmies het in die eerste ronde vir Oosterlig met 50-0 verslaan. Die wedstryd tussen Montana en Gimmies in Potchefstroom beloof dus om vir hope vuurwerk te sorg. 

Lichtenburg, Potchefstroom Volkskool en Zwartkop is feitlik reeds verseker vir hulle plekke bo-aan hul onderskeie groepe in die reeks. 

Lichtenburg het Jeugland se onoorwonne status in die reeks met ‘n sege van 36-24 beëindig, terwyl Potch Volkies hard moes werk om Die Anker van Brakpan met 20-15 uit te oorle. Zwartkop het ‘n goeie sege van 21-16 oor Hoërskool Middelburg behaal om seker te maak hy eindig bo-aan Groep B. 

Puntemakers:

Montana 57 – Drieë: Daniel Pautz (2), Thys Loubser (2), Jared Crafford (2), Henrique de Sousa, Hendré Venter, Reghard Putter. Doelskoppe: Loubser (6). Oosterlig 5 – Drie: Tegan Vermaak.

Lichtenburg 36 – Drieë: Ruben Oosthuizen (2), Max Williamson (2), Marais Oosthuizen, Wian Nortman. Doelskoppe: Williamson (3). Jeugland 24 – Drieë: Wian Calitz, Barend van Berkel, Shane Theron, Luke Arthur. Doelskoppe: Jayden Boshoff, Donovan Esterhuizen.

Potchefstroom Volkskool 20 (15) – Drieë: Le Roux White, JG de Villiers, Marno Prigge. Doelskop: Stephan van Niekerk. Strafdoel: Van Niekerk. Die Anker 15 (3) – Drieë: Jaunrich Botha, Dewaldt Coetzer. Doelskop: Corné Mulder. Strafdoel: Mulder.

Zwartkop 21 – Drieë: Kyle van Deventer (2). Doelskop: Damian Rabie. Strafdoele: Rabie (3). Hoërskool Middelburg 16 – Drieë: Gysbert Ehlers, Joseph Olivier. Strafdoele: Coenraad Visser (2).

Noordheuwel 41 – Drieë: Jason Buckingham (2), Justin Lambert, Dean Bentley, Armand Klopper, Wian van Heerden, Rudi Brink.  Doelskoppe: Renier Stander (3). Wesvalia 7 – Drie: Anton Fuller. Doelskop: Christiaan du Toit.

Potchefstroom Gimnasium 39 – Drieë: Dirkie Louw (2), JP de Lange (2), Giovanni Pestana, Anelka Barends. Doelskoppe: Frank-Lee Jackson (3). Strafdoel: Jackson. HTS Witbank 21.

Ander spanne:

Eerstespanne: Randburg 34, Driehoek 14; Marais Viljoen 50, Hugenote (Springs) 12.

o.16: Noordheuwel 19, Wesvalia 5; Die Anker 17, Potch Volkies 5; Zwartkop 23, Middelburg 12; Potch Gimmies 19, HTS Witbank 7; Montana 42, Oosterlig 13; Jeugland 24, Lichtenburg 22; Marais Viljoen 28, Hugenote 18; Driehoek 47, Randburg 0.

o.15: Noordheuwel 53, Wesvalia 0; Die Anker 22, Potch Volkies 0; Zwartkop 21, Middelburg 7; Potch Gimmies 38, HTS Witbank 12; Montana 22, Oosterlig 0; Lichtenburg 22, Jeugland 12; Marais Viljoen 52, Hugenote 5; Randburg 21, Driehoek 14.

o.14: Noordheuwel 22, Wesvalia 7; Die Anker 48, Potch Volkies 0; Zwartkop 20, Middelburg 5; Potch Gimmies 19, HTS Witbank 7; Montana 49, Oosterlig 0; Lichtenburg 48, Jeugland 0; Marais Viljoen 53, Hugenote 0; Randburg 19, Driehoek 0.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.