SuperSport Schools Plus

Marais Viljoen, Middelburg, Zwartkop en Liggies in halfeindronde van Pukke Prestige-reeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2017-04-26 Tags: , , , , ,

PukkePrestigeReeksDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Lichtenburg het sy aanslag om sy titel as kampioen van die NWU-Pukke se Prestige-reeks net-net lewendig gehou.

Die Liggies het Saterdag op sy tuisveld danksy ‘n drie deur Muis Kotze in die doodsnikke van sy kwarteindstryd teen Potchefstroom Gimnasium met 17-14 tot die halfeindstryd deurgedring.

Lichtenburg kom Donderdag teen Zwartkop in die halfeindronde van die reeks op Hugenote in Springs se hoofveld te staan. Zwartkop het self in sy kwarteindstryd teen Noordheuwel van Krugersdorp met 20-18 deurgeskraap.

Die Nories se Cameron Janse van Vuuren het na speeltyd reeds verstreke was die doellyn oorgesteek. Noordheuwel se losskakel, Renier Stander, het egter die doelskop verbrou wat sy span tot die halfeindronde sou laat deurdring het.

Zwartkop se kaptein en flank, Chris Vermaak, was uitstekend in sy span se oorwinning oor Noordheuwel.

In die ander halfeindstryd op Die Anker se hoofveld in Brakpan sal Marais Viljoen van Alberton teen die Hoërskool Middelburg teen mekaar te staan kom. Marais Viljoen sal na sy oortuigende oorwinning van 40-18 oor Potchefstroom Volkskool in die kwarteindronde as die gunsteling op die veld draf.

Die span se agtsteman, Franco du Plessis, was briljant en is vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Potch Volkies se losskakel, Hanru van Rooyen, het al sy span se punte via twee drie, ‘n doelskop en twee strafdoele aangeteken.
Middelburg het sy plek in die halfeindronde met ‘n sege van 18-14 oor Driehoek bespreek.

HTS Witbank se Ronnie Banda het ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 46-17 oor Jeugland behaal.

Puntemakers:

Zwartkop 20 – Drieë: Chris Vermaak (2). Doelskoppe: Miche Groenewald (2). Strafdoele: Groenewald (2). Noordheuwel 18 – Drieë: Cameron Janse van Vuuren, Francois Marx. Doelskop: Renier Stander. Strafdoele: Stander (2).

Hoërskool Middelburg 18 – Drieë: Siyanda Maseko, Chris Steyn. Doelskop: Coenraad Visser. Strafdoele: Visser (2). Driehoek 14.

Marais Viljoen 40 – Drieë: Franco du Plessis (2), Brendon Marchbank, Theunis Muller, AJ Meyer, Henk de Lange. Doelskoppe: Marchbank (5). Potchefstroom Volkskool 18 – Drieë: Hanru van Rooyen (2). Doelskop: Van Rooyen. Strafdoele: Van Rooyen (2).

Lichtenburg 17 (7) – Drieë: Tiaan Wagner, Armandt Potgieter, Johan Kotze. Doelskop: Lohan Jahns. Potchefstroom Gimnasium 14 (14) – Edrich Cronjé, George van der Westhuizen. Doelskoppe: Cronjé (2).

Hugenote (Springs) 56 – Drieë: Rozand Bergh, Zandré Combrink, Edrich Aucamp, Romano Naudé, Rando Bergh, Armand Kruger, Donovan Grobler, Strafdrie. Doelskoppe: Aucamp (8). Randburg 3.

Montana 50 – Drieë: Niel Steenberg (3), Henrique de Sousa, Brian Schreuder, Jacques Tolmay, Steven van Niekerk, André Badenhorst. Doelskoppe: Thys Loubser (5). Oosterlig 0.

Die Anker 27 – Drieë: Jeandré van Vuuren, Dwaine Korff, Herman Matthee, Stephan de Klerk. Doelskoppe: Lionel Ueckermann (3). Strafdoele: Ueckermann (2). Wesvalia 21.

HTS Witbank 46 – Drieë: Ronnie Banda (3), Themba Nkabanda (2), Elmar Very (2), Dylan Pretorius. Doelskoppe: Steven Strumpher (3). Jeugland 17.

Ander spanne:

o.16: Lichtenburg 38, Potch Gimmies 28; Hugenote 24, Randburg 24 (Hugenote dring deur a.g.v. meeste drieë gedruk); Montana 35, Wesvalia 14; Noordheuwel 19, Zwartkop 18; Middelburg 55, Driehoek 0; Potch Volkies 26, Jeugland 25.

o.15: Wesvalia 24, Potch Gimmies 12; Hugenote 48, Potch Volkies 5; Montana 56, Oosterlig 0; Zwartkop 13, Marais Viljoen 10; Middelburg 64, Driehoek 0.

o.14: Middelburg 15, Potch Gimmies 0; Hugenote 31, HTS Witbank 14; Montana 39, Lichtenburg 7; Marais Viljoen 26, Zwartkop 12; Potch Volkies 28, Jeugland 10.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.