Marais Viljoen durf 2025 aan met nuwe rugbyhoof en ywer

Die onlangse gewoeker en nuwe aanstellings om Hoërskool Marais Viljoen se rugby na nuwe hoogtes te neem het heelwat opgewondendheid by die skool se ondersteuners aangewakker.
Volg al die Marais Viljoen-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die aanstellings van die gesoute Hans Coetzee, vanaf 1 September as rugbyhoof, en Corneel van Dyk, voorheen direkteur van rugby by Hoërskool Die Anker in Brakpan, as sporthoof, lewer bewys daarvan dat Marais Viljoen beplan om konstruktief te herbou.
Die span van Alberton het die afgelope paar jaar harde klippe gekou tussen die groot honde in die SDC Noordval Cup en moes noodgedwonge afskuif van die Beker- na die Plaat-afdeling. Die 2025-seisoen bied egter ‘n gulde geleentheid om te herbou aan die skool se trotse rugbyprogram, en hy kan beslis nie vanjaar gering geskat word nie.
Hoewel nóg Coetzee, nóg Van Dyk direk by die eerste span betrokke sal wees, is die span vanjaar in die bekwame hande van Henco Saaiman, wat as hoofafriger inskakel, met Migael Pretorius wat hom as hulpafrigter bystaan. Marco Pretorius, Marais Viljoen se gesoute sportwetenskaplike, sal as geneesheer diens verrig.
‘n Addisionele rede vir optimisme is die feit dat Saaiman en sy afrigtingspan oor nie minder nie as 12 oorblywende spelers beskik wat reeds in 2024 deel van die senior groep uitgemaak het. Dit sluit in die blitsige en venynige senter, Claude de Couto.
Voorlangs kan daar uitgesien word na nog ‘n reuse seisoen deur die span se agsteman, Rio Tshimbalanga, wat reeds ‘n jaar vantevore rugbyvelde regoor die Noordvaal aan die brand gespeel het. Sy losvoorspelermaat, Loyd Shoko-Schenk, en haker, Sifiso Shongwe maak ook weer hul terugkeer om die pak verder te versterk.
Die span van Alberton se seisoen skop op 1 Maart teen Hoërskool Transvalia in Alberton af. Daarna wag die strawwe NWU Prestige-reeks en twee uitdagende wedstryde, teen Worchester Gimnasium en Brackenfell, by die jaarlikse NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch.
“Ons glo ons staan ‘n goeie kans om hoog in die NWU se Prestige-reeks te eindig,” meen Saaiman. “Wat die SDC Noordvaal Cup betref, wil ons elke week op sy eie meriete benader en seker maak dat ons spanne bes moontlik voorbereid is vir dit wat wag.”
Soos die gesegde lui, “The underdog bites the hardest”, so skuif julle reg in 2025; Marais Viljoen is op pad met nuwe ywer en is oorgehaal om weer sy plek onder die grootstes in die Noordvaal in te neem.
Bepalings vir 2025:
nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 | nt_header_5 | nt_header_6 |
---|
- Free State finish with a flourish - 2025-07-11
- Viljoen fires Lions to third straight title - 2025-07-11
- Results – FNB u18 Academy Week – Day 3 - 2025-07-11