SuperSport Schools Plus

Liplekker Mpumalanga-stryd in Centurion

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-04-19 Tags: , , , , ,

FOTO: Frans Lombard

Die groot stryd wat tussen Hoërskool Nelspruit en HTS Middelburg wag, behoort die rugbygemeenskap van Mpumalanga aan die gons te hê.

Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

Die Rhinos en die Rooibulle pak mekaar Saterdag by Hoërskool Eldoraigne in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek in die NWU Sportreeks.

Albei spanne het tot dusver vanjaar aanskoulike hardlooprugby opgedis, met die Nellies wat tot op hede miskien nét genoeg gedoen het om ‘n rapsie meer te beïndruk.

Die Rooibulle is egter nie te versmaai nie, en daar kan pêrre wees as hul agtelyn aan die gang kom. Dit stryd tussen die twee spanne sal ook spesiale betekenis hê vir afrigter, Jano Venter, wat lid was van die Rooibulle se span wat in 2012 die Nellies met ‘n telling van 36-11 getroef het. Hy sal hoop dat sy span hierdie naweek dieselfde kan vermag.

Daar sal verál op binnesenter, Johnny dos Santos, staatgemaak word om die span van Middelburg op die voorvoet te plaas. Dos Santos is vanjaar uitstekend op dreef in die middelveld en beslis ‘n sterk aanspraakmaker op die Pumas se nr. 12-trui.

Hy sal egter eers verby Nellies se staatmaker, en stelskopper, op binnesenter, Divan de Kock, moet kom. De Kock het sover nié alleen met sy skopskoen beïndruk nie, maar sy goeie visie en aanvoeling speel ‘n beduidende rol in die Nellies se gevaarlike agterlyn.

Voorlangs moes die Nellies noodgedwonge ‘n paar veranderinge aanbring. Die vernaamste hiervan is hul staatmaker loskop, Siya Gama, wat homself op die krukkelys bevind en deur Lindane Ndlela vervang word.

Vir die Rooibulle maak Dos Santos se sentermaat, Luhan Graaff, sy terugkeer om die span se middeveld verder te versterk, met WJ Enslin wat terugskuif na sy gunstelingposisie op regtervleuel. Darius Buytendach, wat verlede naweek die nr. 14-trui gedra het, neem sy plek as losskakel in.

Hoërskool Kempton Park sal graag hul reeks met ‘n eerste oorwinning, oor Hoërskool Middelburg, wil afsluit. Die Kempies het hard klippe gekou deur die eerste derde van die seisoen, maar ‘n sege oor ‘n goed afgeronde Middie-span behoort broodnodige momentum te bied, vernaam met die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wat oor minder as twee weke afskop.

Die beseringspook het behoorlik verwoesting gesaai onder die gashere van die dag, Hoërskool Eldoraigne. Die Eldo-Drake sal nietemin alles in die stryd werp om Hoërskool Transvalia te probeer uitoorlê. JP Meyer, hul staatmaker op losskakel, moet noodgedwonge na binnesenter skuif, om die beseerde Kevin Earl te vervang, met Elmar Olivier wat sy plek op losskakel inneem.

In teenstelling hiermee, behoort die span van Vanderbijlpark lekker uitgerus te wees nadat hulle verlede naweek ‘n loslootjie geniet het.

Die spanne: 

HTS Middelburg t. Hoërskool Nelspruit om 14:00 in Centurion

HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Buytendach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

Nelspruit: 15 Theuns Meyer, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Prosper Chillione, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Andre Smit, 3 WJ Botha, 2 Regard Vermaak, 2 Lindane Ndlela.

Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kemptonpark om 12:30 in Centurion

Middelburg: 15 Crwaford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Echard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacque Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Henco Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Tian Aucamp, 10 Tiaan Delport, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 JP Roos, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

Hoërskool Eldoraigne t. Hoërskool Transvalia om 08:30 in Centurion

Eldoraigne: 15 Hendro van Zyl, 14 Cappie Mashabela, 13 Ivan Vermeulen, 12 JP Meyer, 11 Tristan Lee, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jaydon Niehaus, 7 Jean Gerhard, 6 Ewan Zeelie, 5 Zander Engels, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnus Prinsloo.

Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Kyle Esterhuizen, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Booth.

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.