SuperSport Schools Plus

SSS_logo_Netball_rev

La Rochelle en Randpark steeds onoorwonne op Klofie-netbalfees

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-23 Tags: ,

La Rochelle en Randpark is die enigste twee onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die jaarlikse Klofie-netbalfees wat deur die Hoërskool Waterkloof in Pretoria aangebied word.

Na die eerste dag se spel was daar vyf onoorwonne spanne oor op die fees. Die ander drie onoorwonne spanne na afloop van die eerste dag was Eunice, Wesvalia en Parel Vallei.

La Rochelle het oorwinnings oor Windhoek Afrikaanse Privaatskool (28-13), Eunice (34-8) en Bergsig Akademie (32-7) behaal, en ook gelykop gespeel teen Oos-Moot met 18-elk.

Eunice van Bloemfontein het voor die nederlaag teen La Rochelle ook teen die gasheer, Waterkloof, met 20-30 verloor en so hul onoorwonne status prysgegee.

Intussen het Randpark as oorwinnaars uit die stryd getree teen Centurion (24-3), Windhoek Privaatskool (28-17), en Oosterland (29-8) en Hans Strijdom (25-11).

Wesvalia het ‘n nederlaag teen Parel Vallei (10-15) gely, wat op hul beurt teen Sentraal van Bloemfontein met 20-14 die knie gebuig het. Daarmee het albei spanne hul onoorwonne status verloor.

Intussen het spanne wat aan die Klofie-netbalfees deelneem bykomende aansporing ontvang om na uitnemendheid te streef.

Danksy World Wide Scholarships (WWS) wat as ‘n borg intree, sal sowel ‘n junior- as ‘n seniorspan, bestaande uit verkose spelers, die kans van ‘n leeftyd ontvang om oorsee te reis en speel.

Met ‘n toer wat vir September beplan word, sal 12 spelers van die deelnemende skole vir die junior- (o. 14 en o. 15) en seniorspan (o. 16, o. 17 en. o. 19) gekies word, deur WWS, om na Engeland te reis as All Star-groepe.

Uitslae | Dag 2 

nt_header_1nt_header_2nt_header_3nt_header_4
Waterkloof21Overkruin13
Windhoek21Ligbron15
Sentraal15Wesvalia12
Jeugland28Gerrit Maritz6
Waterkloof35Oosterland8
Klerksdorp30Eunice13
Randpark24Centurion3
Brandwag28Hans Strijdom15
Framesby25Kempton Park9
La Rochelle28Windhoek Privaatskool13
Parel Vallei17Witteberg15
Oos-Moot24Bergsig19
Oos-Moot18La Rochelle18
Sentraal20Brandwag12
Waterkloof30Eunice20
Klerksdorp37Centurion6
Parel Vallei15Wesvalia10
Framesby27Jeugland5
Hans Strijdom27Gerrit Maritz13
Ligbron19Witteberg15
Randpark28Windhoek Privaatskool17
Bergsig19Waterkloof15
Kempton Park26Oosterland10
Bergsig19Waterkloof15
Brandwag25Overkruin17
Oos-Moot22Windhoek Privaatskool5
Framesby30Bergsig13
Waterkloof26Sentraal16
La Rochelle34Eunice8
Transvalia20Ligbron5
Klerksdorp25Jeugland14
Randpark29Oosterland8
Wesvalia17Kempton Park13
Parel Vallei27Waterkloof4
Windhoek23Witteberg11
Centurion20Gerrit Maritz4
Overkruin24Hans Strijdom16
Ligbron16Overkruin15
Waterkloof12Jeugland11
Klerksdorp19Kempton Park19
Windhoek19Brandwag17
Framesby23Windhoek Privaatskool15
Waterkloof25Transvalia15
Witteberg15Eunice11
Sentraal20Parel Vallei14
Randpark25Hans Strijdom11
Wesvalia30Gerrit Maritz0
La Rochelle32Bergsig7
Oosterland16Centurion11
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.