Kyla Dames behaal merkwaardige netbalprestasies in skoleloopbaan
Op die gebied van sport skyn sekere individue helderder en Kyla Dames (18), ‘n leerling aan Hoër Meisieskool Paarl, staan as ‘n merkwaardige talent, wat deur die jare haar stempel op die netbalbaan afgedruk het.
Kyla was in graad-4 toe haar afrigter haar potensiaal raakgesien het en haar na die senterposissie geskuif het. Dit is ook hier waar sy besef het sy ‘n groot liefde vir die sport het.
Deur haar skoolloopbaan was Kyla se prestasies in netbal indrukwekkend waar sy deurgaans op skool uitgeblink het, ‘n plek in Hoër Meisieskool Paarl se eerstespan behaal het en merkwaardige mylpale bereik het.
In 2016 het sy ‘n plek in die Westelike Provinsie o.11-span verwerf en die span as kaptein gelei. Die volgende jaar het sy, weer as kaptein, gesorg dat die Wes-Kaap o.12-span ‘n bronsmedalje verower het. In 2018 het Kyla se leierskap as kaptein voortgegaan met die Wes-Kaap o.13-span wat silwer gewen het. Haar toppunt as kaptein was in 2019 toe die Wes-Kaapse o.14-span ‘n glorieryke goue oorwinning behaal het.
Kyla se toewyding het verder as haar tuisland gestrek aangesien sy Suid-Afrika in die aksienetbalspan verteenwoordig het tydens ‘n toer na Australië en bygedra tot oorwinnings in die nasionale toernooi.
Tenspyte van ‘n terugslag weens ‘n besering in 2022, het die Hoër Meisieskool Paarl se eerste span met die louere as kampieone by die Wildeklawer-toernooi weggestap en ‘n tweede plek in die land by DStv Topskole behaal.
In 2023 het haar leierskapsvaardighede op die voorgrond getree toe sy dieselfde span tot ‘n merkwaardige derde plek in die land by DStv Schools Challenge gelei het.
Kyla was ook deel van die Wes-Kaapse o.18-span waar sy weer as kaptein gesorg het dat die span van ‘n goue medalje vir haar provinsie verseker het.
Haar bydraes het haar ook ‘n plek in die gesogte SA o.18-groep besorg, waar sy uitgestaan het as die beste senterbaanspeler van die toernooi.
Onder haar talle prestasies was Kyla se uitstaande prestasie om as die algehele beste speler by die Wildklawer-toernooi aangewys te word waar sy met van die land se beste skolenetbalspelers meegeding het vir die titel.
Kyla streef daarna om vir Maties te speel en hoop sy kry die geleentheid om te proef vir Tornados of Stings.
Haar groot droom reik egter selfs verder – die Suncorp League in Australië, waar die wêreld se beste netbalspelers op die hoogste vlak meeding.
Onder die vele hoogtepunte van Kyla se merkwaardige jaar, staan die interskole-wedstryd teen Paarl Gimnasium uit.
Terwyl die matrieks hul skoolloopbaan vaarwel roep het, het Kyla en haar span oorwinning behaal – nog ‘n hoogtepunt wat sy by haar storie gevoeg het.
As dit by rolmodelle kom, kyk Kyla op na Steph Wood wat Australië se Diamonds verteenwoordig en haar netbaleienskappe van harde werk en kalmte op die baan.
Die sterspeler is dankbaar vir ouers wat haar motiveer en haar dryfkrag agter haar talent is en sluit haar skolenetbalseisoen met dankbaarheid af.