Klofies se beste kans in meer as ‘n dekade om die Garsie Bere te klop

Kan Hoërskool Waterkloof ‘n wendroogte van 11 jaar teen die Garsies verbreek?
Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).
Dit is die vraag wat op almal se lippe sal wees wanneer die Klofies en Hoërskool Garsfontein in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling kragte meet.
Vanjaar bied waarskynlik vir Klofies die beste kans in jare om hul Pretoriaanse eweknieë te troef. Die tuisspan het nog slegs een keer vanjaar, teen Paul Roos Gimnasium, met 24-47 hul rieme styfgeloop.
Waterkloof het verál beïndruk by die onlangse Wildeklawer-toernooi, deur in albei hul wedstryde, teen Hoërskool Outeniqua (51-32) en Marlow Landbou (52-24), meer as 50 punte te kon aanteken.
Dit het egter teen ‘n duur prys gekom aangesien Klofies klaarblyklik vir die res van die seisoen sonder hul ster-losskakel, Franco Cronjé, moet klaarkom, nadat hy ‘n ernstige besering opgedoen het in Kimberley. Die giftige Dennis Obi skuif oor van linkervleuel om Cronje in die nr. 10-trui te vervang, terwyl Jaiden Badenhorst kans kry op linkervleuel.
Die Garsies kan egter hoegenaamd nie afgeskryf word nie. Die Bere beleef tot dusver ‘n ietwat tentatiewe begin tot die seisoen en het reeds vyf keer in ses wedstryde vanjaar die knie moes buig. Dit is ongewoon dat ‘n Bere-span só sukkel, maar dan moet bygevoeg word dat dié nederlae teen van Suid-Afrika se grootste honde was.
Die Bere kon vanjaar nog net in sy eerste kragmeting van die seisoen teen Jeppe (37-31) aan die wenkant wees. Die laaste keer wat die Garsies vier keer op ‘n streep verloor het, was toevallig in 2010 toe hy onderskeidelik teen Oos-Moot (8-32), Waterkloof (0-102), Centurion (14-59) en Wonderboom (14-17) die onderspit gedelf het.
Die reuse nederlaag destyds teen Klofies was ‘n belangrike draaipunt in die Bere se rugbyprogram.
Flank en kaptein, Luann Olivier, sal slaggereed wees om van voor te lei met sy energieke spel, wat herinner aan dié van ‘n Kwagga Smith of JC Pretorius, en hou ‘n besliste bedreiging in met sy bedrieglike vaart en goeie voetwerk in gebroke spel.
Die Bere se agterlyn, onderleiding van losskakel, Luan Ferreira, het vanjaar reeds aangedui dat hulle uiters gevaarlik kan wees wanneer hulle aan die gang kom. Die vlugvoetige heelagter, Junaid Passensie, en sneller op buitesenter, Ruan Enslin, sal verál fyn dopgehou moet word deur die Klofie-verdedigers.
Enslin se tweestryd met Klofies se buitesenter en kaptein, Riwan van Aswegen, beloof om vir groot opwinding te sorg, met albei wat ook die Blou Bul-keurders verder wil laat kopkrap oor wié vanjaar die nr. 13-trui by die Cravenweek oor die kop moet trek.
Hoërskool Menlopark het ‘n reuse taak op hande wanneer hulle Saterdag na Krugersdorp opruk om Hoërskool Monument aan te vat.
Die Parkies het verlede jaar in die laaste ronde wedstryde van die SDC Noordvaal Cup ‘n hewige drag slae van 7-111 teen die Wit Bulle op die lyf geloop.
Die Parkies betree die stryd met hope selfvertroue en het hul seisoen aansienlik beter afgeskop as wat verlede jaar die geval was. Hulle moes nietemin ‘n paar aanpassings maak.
Ruben Herbst, wat normaalweg op regtervleuel te siene is, skuif na losskakel om die beseerde Logan Botha te vervang, met Ruben Fourie wat op regtervleuel inkom. Leskin Samuels skuif na buitesenter, met Wynand van Wyk wat op binnesenter by Samuels aansluit.
Die Wit Bulle het besluit om geen veranderinge aan te bring vir die stryd teen die Parkies nie, en nie die momentum wat hulle tot dusver opgebou het onnodig te versteur nie.
Die spanne:
Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Garsfontein om 12:30 in Pretoria:
Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.
Garsfontein: 15 Junaid Passensie, 14 Eben Koekemoer, 13 Ruan Enslin, 12 Wihan van der Berg, 11 Junaid Swart, 10 Luan Ferreira, 9 Derrick Kuhn, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luann Olivier, 5 Jacques Swart, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Dyk.
Hoërskool Monument t. Hoërskool Menlopark om 13:20 in Krugersdorp:
Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Cruz La Moer, 9 Hanno du Toit, 8 Vince Robberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Keenan Myners, 1 JC Oosthuizen.
Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Stefan van Niekerk, 10 Reinhardt Herbst, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Justin Lottering, 5 Mattheus Prinsloo, 4 Keagan Pretorius, 3 Ruwan van Aarddt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.
Noordheuwel t. Hoërskool Rustenburg om 13:10 in Krugersdorp:
Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswil Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Alex Greeff, 6 Willie Schutte, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.
Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Wesley van Loggerenberg, 13 Zulu Khumalo, 12 Hendre Robinson, 11 Christiaan van der Bergh, 10 Tiano Combrinck, 9 Jayden Meyer, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.
Helpmekaar t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Johannesburg:
Helpmekaar: 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 Juan-Pierre Lombard, 4 Arnoldus Lottering, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.
Hoërskool Nelspruit: 15 Theuns Meyer, 14 Nathan Duncan, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Bradley Claasen, 7 Regard Vermaak, 6 Prosper Chillione, 5 Banele Ngwenya, 4 Werno Heyns, 3 Lindane Ndlela, 2 D’Angelo Roberts, 1 Siya Gama.
EG Jansen t. Marais Viljoen om 12:25 in Boksburg:
EG Jansen: 15 R-Jay Peterson, 14 Ntokozo Ngobese, 13 Jean-Dre Claassen, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Gerhard van Aswegen, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.
Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Loyd-Shoko-Schenc, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.
- Marais Viljoen durf 2025 aan met nuwe rugbyhoof en ywer - 2025-02-12
- Klofies beëindig Yesbere-segetog - 2025-02-12
- Groot honde in Finsbury se B-afdeling pak mekaar - 2025-02-11