SuperSport Schools Plus

Kempies en Rustenburg pak mekaar in eindstryd van die Plaat-afdeling

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-08-21 Tags:

Hoërskool Kempton Park het daarin geslaag om by die agterdeur vir die eindstryd van die Plaat-afdeling van die SDC Noordvaal Cup in te glip na sy gelykop uitslag teen Hoërskool Transvalia (29-29) in die halfeindronde.

Volgens die SDC Noordvaal Cup reëls, sal die span wat die meeste drieë gedruk het deurdring indien die westryd in die uitspeelrondes gelykop eindig. Die Kempies het daarin geslaag om vyf keer die doellyn oor te steek terwyl Transvalia dit sleg vier keer kon reg kon reg kry.

Die twee pakke het mekaar vroeg in die kragmeting, soos twee gesoute boksers, opgemeet. Dit was ‘n wipplank stryd met albei spanne wat fisieke rugby gespeel het.

Die Kempies het egter die oorhand begin kry. Dit is ook waar die span van Kempton Park die grondslag vir sy sukses gelê het. Al vyf die besoekers se drieë is deur sy groot groot manne voorlangs gedruk.

Kempies se staatmaker agtsteman, Milano Hattingh, was weer aan die voorpunt van die dolk wat deur die Transvalia-ondersteuners se harte gesny het. Smith het daarin geslaag om twee keer agter die tuisspan se doellyn te gaan kuier.

Sy twee kollegas in die voorry, Brendon Gerber (haker) en Adrian Labuschagne (vaskopstut), het ook uitgeblink. Gerber het ook op sy beurt twee keer die wit kalk oorgesteek om tien punte van sy eie by te dra.

Agterlangs was dit die man in die Nr. 13-posisie, Marko Opperman, wat instrumenteel vir die Kempies was. Opperman het die veroontwoordelikheid om pale toe te korrel opgeneem. Die twee doelskoppe wat hy deur die pale gejaag het ‘n groot aandeel in die feit dat Kempton deurgedring het.

Aan die tuisspan se kant was dit sy losskop stut, Dylan Booth wat hard probeer het. Booth se vertoning in die skrums was iets om te aanskou. Hy het ook uitgeblink met bal in hand en was genadeloos met sy barslopies. Hy is goed ondersteun deur sy slot, Dane Beytel, wat op sy beurt baie fisiek op verdediging en by die afbreukpunte was. Beytel het ook hard geveg en kon daarin slaag om ook vyf punte van sy eie tot sy span se totaal bydrae.

Duan du Toit, het weer agterlangs ‘n belangrike rol vir die tuisspan gespeel. Die afdeling se voorste puntemaker, het sy span se kanse lewendig gehou deur nog ‘n goeie skopvertoning, onder baie druk, op te lewer. Die losskakel het drie van sy span se drieë verdoel en ook daarin geslaag om ‘n strafdoel deur die mikke te jaag.

Hierdie titaniese stryd is beslis een waaroor daar nog lank gepraat sal word. Sodra die stof gaan le, sal die Kempies sy fokus na nog ‘n grootter taak verskuif. Die span van Kempton Park sal vir die tweede keer hierdie seisoen met die onoorwonne Hoerskool Rustenburg in Rustenburg in die eindstryd swaarde kruis.

Hoërskool Rustenburg het gemaklik met Hoërskool Middelburg afgereken. Die Rusties was rustyd reeds 14-0 voor en het nog tien punte tot sy totaal bygedra in die tweede helfde. Hy het ook daarin geslaag om Middelburg punteloos te hou. Dit is te danke aan ‘n intrukwekkende verdedigings pogin deur die tuisspan en het hy met slegs ‘n paar sekondes oor punte afgestaan om met 24-3 sy plek in die eindstryd te verseker.

Puntemakers: 

Kempton Park 29 (19): Drieë: Brendon Gerber (2), Milano Hattignh (2), Adrian Labuschagne. Doelskoppe: Marko Opperman (2). Transvalia 29 (10): Drieë: Dylan Booth (2), Dane Beytel, Daniel Grobelaar. Doelskoppe: Duan du Toit (3). Strafdoel: Du Toit.

Hoërskool Rustenburg 24 (14): Drieë: Adrian Young, Lorenzo Snyers, MC Smit. Doelskoppe: Henré Viljoen (3). Strafdoel: Viljoen. Hoërskool Middelburg 3 (0): Strafdoel: Andile Mahlangu.

Ander spanne | Halfeindstryde:

o.16: Transvalia 39, Klerksdorp 14; Middelburg 25, Rustenburg 12.

o.15: Zwartkop 15, Transvalia (Zwartkop dring deur tot eindstryd omdat hulle eerste gaan druk het); Kempton Park 31, Rustenburg 13.

o.14: Middelburg 9, Transvalia 6; Rustenburg 16, Kempton Park 10.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.