SuperSport Schools Plus

Jim Fouché staan tussen Fichardtpark en Stadsliga titel

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-11-15 Tags: , , , , ,

Jim Fouché en Fichardtpark sal mekaar weer ontmoet in die Stadsbeker eindstryd nadat hule hierdie naweek vir Sentraal en Landboudal onderskeidelik kon elimineer op die Gonval-store Park in Bainsvlei.

Kyk al die wedstryde weer op SuperSport Schools Registreer nou

Die Fichie-leeus kon ‘n onvergeetlike jaar voortsit met ‘n sterk 52-0 sege oor Sentraal.

Hul held, die slot, Jaco Gobbelaar, wie Fichardtpark se eerste SA Skole speler ooit is, kon weer uitblink vir sy span in wat moontlik sy laaste wedstryd in die Fichie-trui was.

Grobbelaar kon ‘n driekuns aanteken om sy indrukwekkende totaal selfs nog meer op te stoot. Hierdie was moontlik sy laaste wedstryd omdat hy van volgende naweek af deelmaak van die SA Skole span wat teen Engeland en Frankryk gaan meeding.

Die Fichies se Cravenweek skrumskakel, Devanté Claassen, was ook weer op sy stukke. Claassen en sy blitsige vleuel, Edward Mpinga, kon elkeen ook twee drieë bydra.

Jim Fouché beleef ook ‘n sterk seisoen, en verdien hul plek in die eindstryd na ‘n oortuigende 39-12 oorwinning teen Landboudal.

JF se kaptein en Cravenweek haker, Stefan Venter, is week na week hul voorste driedrukker en kon Saterdag weer twee keer oor die lyn kom.

Sy wakker klein skrumskakel, Tristan van der Walt, was net so effektief op die dag, en kon 19 punte byvoeg met ‘n drie en vier doelskoppe en twee strafdoelle.

Toe Fichardtpark vroeër in die seisoen teen Jim Fouché gespeel het was daar slegs ses punte tussen die twee spanne met Fichardtpark wat 39-33 gewen het.

Die eindstryd beloof dus om ‘n epiese herontmoeting te wees om te bepaal wie die liga-wenners is, asook om te sien of Jim Fouché hul bure se droomseisoen kan bederf.

Hendrik Potgieter van Reddersburg en Zastron het Dinsdag hul laaste ligabepaling teen mekaar gespeel, voordat hulle Saterdag weer in die B-liga halfeindstryd ontmoet het.

Zastron het daardie eerste wedstryd 23-14 gewen, maar Hendrik Potgieter het hul spel in die halfeindstryd gelig om dit ‘n baie harder stryd te maak.

Ondanks die feit dat die manne van Reddersburg teen halftyd met 14-12 die voorsprong gehad het, kon Zastron hergroepeer en genoeg doen om die oorwinning in die tweede helfde te steel met 27-24.

Hulle sal dan in die eindstryd teen Brandfort te staan kom.

Zastron se onderkaptein en skrumskakel, Reinico Nel, speel ‘n groot rol vir sy span. Nie net behartig hy hul stelskoppe nie, maar hy diregeer ook sy span se aanval baie effektief.

Brandfort verdien hul kans om vir die titel te veg na ‘n baie sterk vertoning in die tweede helfte teen St Andrews om met 43-34 te wen.

St Andrews beleef ‘n moeilike seisoen, maar het by die Onafhanklike Skole Rugbyfees wat hulle gedurende die vakansie aangebied het gewys dat hul rugbyprogram aan die groei is deur om ‘n sterk Kearsney College tot die einde te laat sweet voordat die Bloemfonteiners uiteindelik met 10-5 die knie moes buig.

Brandfort en St Andrews het verlede naweek ook kragte gemeet in hul ligabepalings, daar was baie minder om die twee spanne te skei in daardie wedstryd, met Brandfort wat 14-12 kon wen nadat die spanne gelyk was op 7-elk na die eerste 35 minute.

Die manne van Brandfort het egter hul spel gelig in die halfeindstryd en dit lyk asof dit moeilik gaan wees om hulle te keer hierdie jaar.

Die veelsydige senter, Fanie van Rooyen, het uitgestaan in daardie wedstryd met twee pragdrieë vir sy span.

St Andrews se groot stut, Matthew Simon, het ook ‘n fenomenale wedstryd gehad en kon drie keur oor die doellyn bars om sy span in die wedstryd te hou, en sy heelagter, Connor Nel, het met al sy pogings pale toe geslaag.

 

Die puntemakers:

A-liga:

Fichardtpark 52 (31) – Drieë: Jaco Grobbelaar (3), Devanté Claassen (2), Edward Mpinga (2), Duan Viviers. Doelskoppe: Dailen Geldenhuys (6). Sentraal 0.

Jim Fouché 39 (17) – Drieë: Stefan Venter (2), Heinrich Hattingh, Altus du Plessis, Tristan van der Walt. Doelskoppe: Van der Walt (4). Strafdoelle: Van der Walt (2) Landboudal 12 (7) – Drieë: Marius Etzebeth, Frans Homsek. Doelskop: Etzebeth.

B-liga:

Brandfort 43 (14) – Drieë: Fanie van Rooyen (2), JC Venter, Barend de Klerk, Janco Snyman,  Gustav Maree. Doelskoppe: Henre Smith (5). Strafdoel: Smith. St Andrews 34 (17) – Drieë: Matthew Simon (3), Mlungisi Lepesa. Doelskoppe: Connor Nel (4). Strafdoelle: Nel (2).

Zastron 27 (12) – Drieë: Frans Botha, Lecha Leballo, CJ Bouer, Mawethu Magudela. Doelskoppe: Reinico Nel (2). Strafdoel: Nel. Hendrik Potgieter 24 (14) – Drieë: Tumi Pholoane (2), Cedric Booysen. Doelskoppe: Sterling Batties (2), Jandré van Niekerk. Strafdoel: Batties.

Ander uitslae:

A-liga:

o.19 – Landboudal II 27, Fichardtpark II 5; Jim Fouché II 40, Sentraal II 0; Fichardtpark III 13, Landboudal III 0; Sentraal III 12, Jim Fouché III 5.

o.16 – Jim Fouché 50, Sentraal 0; Fichardtpark 41, Landboudal 13.

o.15 – Jim Fouché 12, Landboudal 10; Fichardtpark 11, Sentraal 3.

o.14 – Jim Fouché 57, Landboudal 0; Sentraal 10, Fichardtpark 7.

B-liga:

o.16 – St Andrews 25, Hendrik Potgieter 13; Brandfort 24, Zastron 10.

o.15 – St Andrews 22, Sand du Plessis 0; Bloemfontein Hoër 10, Brandfort 10.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.