SuperSport Schools Plus

JF en Trekkers steeds onoorwonne in Wesgrow-reeks

By Charne van der Merwe , in Netball | Featured Netball | News , at 2024-03-17 Tags: , , ,

FOTO: Willie Kruger Fotografie

Die afgelope naweek het weereens mededinging soos min opgelewer in die Wesgrow Sentrale Sportreeks, met Sentraal, Jim Fouché, Diamantveld en Voortrekker wat as oorwinnaars in hul onderskeie netbal-kragmetings op eerstespanvlak uit die stryd getree het.

In Bethlehem het Sentraal teen die Hoërskool Witteberg te staan gekom en met ‘n telling van 47-23 geseëvier.

Wittenberg se hulpverdediger, Lesedi Motloung, het uitmuntende spel opgedis. Die hulpdoel, Jané de Villiers, wat in die eerste, derde en vierde kwart op die baan was kan ook meer as tevrede met haar vertoning voel.

Die HV het die hele tyd gespeel haar naam is Lesedi Motloung. Die HD het 1ste, 3de en 4de kwart gespeel. Haar naam is Jané de Villiers.

JF het intussen in Welkom hul oorheersing van die kompetisie voortgesit met ‘n klinkende oorwinning van 53-17 oor Goudveld-Hoërskool. JF het tot dusver al hul wedstryde gewen, insluitende hul vorige kragmeting met Witteberg.

Diamantveld het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer om Hoërskool Trio, Kroonstad, met ‘n wegholsege van 63-19 op hul tuisveld te verslaan.

Dit was ‘n beduidende uitslag vir Diamonds, aangesien hulle hul eerste wedstryd in die reeks met 33-46 teen Voortrekker verloor het.

Van Voortrekker gepraat, die span het hul segetog voortgesit deur Hoërskool Fichardtpark met 42-24 te oorrompel. Voortrekker, interessant genoeg, is die enigste span wat tydens die naweek se aksie aan die wenkant was op hul tuisveld.

Met twee oorwinnings reeds op hul kerfstok, insluitende hul oorheersing van Diamantveld in die vorige ronde (50-19), tree Voortrekker na vore as ‘n groot aanspraakmaker op die Wesgrow-titel.

Al die uitslae: 

o.19A: Voortrekker 42, Fichardtpark 24; Diamantveld 63, Hoërskool Trio 19; Jim Fouché 53, Goudveld-Hoërskool 17; Sentraal 47, Witteberg 23.

o.17A: Voortrekker 20, Fichardtpark 11; Jim Fouché 24, Goudveld 16;

o.16A: Voortrekker 19, Fichardtpark 7; Jim Fouché 30, Goudveld 4; Sentraal 40, Witteberg 7; Diamantveld 24, Trio 23.

o.15A: Voortrekker 15, Fichardtpark 7; Jim Fouché 30, Goudveld 24; Sentraal 19, Witteberg 17; Diamantveld 28, Trio 9.

o.14A: Voortrekker 19, Fichardtpark 18; Jim Fouché 18, Goudveld 8; Witteberg 18, Sentraal 16.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.