Interskole: Kan Durbies oorheersing teen Stellies voortsit?
Die interskole-kompetisie tussen Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Durbanville lewer jaarliks hope opwinding vir leerders, ouers en die breër gemeenskap.
Die eerstespan-netbalwedstryd vind Saterdag, 17 Augustus, om 11:30 op Stellenberg se bane plaas.
Durbanville het die afgelope twee jaar met sterk vertonings geseëvier. Verlede jaar het hulle oortuigend met 41-25 gewen en in 2022 het hulle ‘n oorwinning van 24-18 behaal.
Stellenberg se span beskik oor uitblinkers soos Maricia Venter, wat die Suid-Afrikaanse o.17-span gehaal het, en Siba Tutu, wat onder die Top-35 o.17-spelers in die land tel.
Durbanville spog ook met gedugte spelers soos Ansja van Niekerk, wat in Suid-Afrika se Top-35-groep ingesluit is en na die nasionale proewe genooi is. Sy het Wes-Kaapse kleure verwerf en aan die TNL nasionale toernooi deelgeneem. Ilse Mienie en Chris-Marie Marx, albei in graad 11, het vanjaar ook Wes-Kaapse kleure ontvang.
Stellenberg: Salina Esterhuizen, Siba Tutu, Owami Mafata, Maricia Venter, Lusché Koen, Danica Lotter, Mila Havinga, Megan Ross, Caitlin Morris, Zané du Plessis (beseer).
Durbanville: Corneli Koen, Chloe Serrotti, Chris-Marie Marx, Olivia Wilson, Lana van Dyk, Minieke Serfontein, Ansja van Niekerk, Ilse Mienie, Leandra Grobler.