Interskole: Durbanville sit segetog voort
Hoërskool Durbanville het vir die derde agtereenvolgende jaar die interskole-titel ingepalm, om hul oorheersing in die kompetisie te benadruk. Durbanville se eerste span het Saterdag teen Hoërskool Stellenberg geseëvier met ‘n eindtelling van 44-23.
Durbanville het vroeg die toon aangegee en die eerste kwart heeltemal oorheers met ‘n gerieflike voorsprong van 11-3. Teen rustyd het hulle hul voordeel tot 22-10 vergroot.
Ten spyte van Stellenberg se begeesterde poging in die derde kwart, waar hulle daarin kon slaag om agt doele op die telbord te voeg in vergeleke met Durbanville se sewe, het die telling steeds op 29-18 in Durbanville se guns gestaan. In die laaste kwart het Durbanville hul momentum behou om die oorwinning met ‘n beslissende telling van 44-23 te beklink.
Met dié jongste oorwinning sit Durbanville hul segetog voort, nadat hul verlede jaar (41-25) en in 2022 (24-18) ook koning gekraai het.
Interskole uitslae:
o.19A 33-44
o.19B 14-19
o.19C 20-15
o.19D 24-12
o.17A 31-19
o.17C 8-24
o.17D 17-13
o.16A 23-24
o.16B 10-21
o.16C 9-25
o.16D 15-13
o.16E 10-10
o.16F 14-3
o.15E 9-13
o.15F 6-15
o.15G (stb) vs 15F (dbv) 3-21
o.14A 19-17
o.14B 6-33
o.14C 13-13
o.14D 12-19
o.14E 11-15
o.14G 6-26
o.14H 6-5
o.14I 5-9