Intense kragmeting word verwag tydens Oranje en Bloemhof-interskole
Die afwagting is groot vir die hoogs verwagte interskole-byeenkoms wanneer Oranje Meisieskool en Bloemhof Meisies mekaar hierdie naweek in Bloemfontein pak waar Oranje vir die eerste keer sedert 2018 gasheer speel.
Oranje is vasbeslote om hul titel as die heersende kampioene te verdedig, nadat hulle laasjaar met die louere as kampioene weggestap het asook Bloemhof hierdie jaar reeds twee keer met meer as 10 doele gewen het.
Bloemhof sal egter poog om hul oppergesag te herwin.
In die laaste 11 jaar van interskole het Oranje vier keer as oorwinnaars uit die stryd getree en Bloemhof vyf keer. Daar was egter geen interskole in 2020 en 2021 weens Covid.
Wanneer die twee spanne op Saterdag, 19 Augustus, om 12:30 mekaar die stryd aansê in die 25ste kragmeting teen mekaar, tel vorige prestasie min en enige iets kan gebeur tot die eindfluitjie blaas.
Ontmoet die spanne:
Oranje: Mari Nortje, Roline Louw, Cara Smith, Marianne Louw, Karla Victor (kaptein), Minke Delport, Amy Fröhlich, Marguerite Cronje, Jessica Barnard, Marilet Blom.
Bloemhof: Carli Kruger, Mila Kotze, Nina van Eeden, Anandi de Waal, Jane Louw (kaptein), Lize Human, Mari Steyn, Leentjie Kiewiet