Hugies, Wessies spook sake uit vir onoorwonne status
SPRINGS – Die wenner tussen Hugies en Wessies sal met die louere as die enigste onoorwonne span, voor die Junie-vakansie, in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling wegstap.
Die ou hond in die Skild-afdeling, Hoërskool Hugenote van Springs, is vasbeslote om hul onoorwonne status in vanjaar se kompetisie te behou wanneer hulle vir die witwarm nuweling, Hoërskool Wesvalia, Saterdag tuis die stryd aansê.
Die Hugies spog tot dusver met oorwinnings van 41-31 en 38-7 oor onderskeidelik Hoërskool Secunda en Hoërskool Ben Vorster, waarvan die laaste weg van die huis en ‘n taamlike skaars verskynsel in die Noordvaal-kompetisie.
Die nuweling van Klerksdorp het nietemin tot dusver eweveel beïndruk met seges oor Hoërskool Lichtenburg (23-12), Hoërskool Pietersburg (41-10) en, verlede naweek, Heidelberg Volkskool (34-28), waarvan twee op die pad. Dit is dus geen verrassing dat daar hoë verwagtinge in Klerksdorp gekoester word op die vooraand van Saterdag se kragmeting nie.
“Ons weet dit gaan bitter moeilik wees om in Springs te wen. Hugenote het ‘n gedugte span vanjaar, maar ons wil graag hierdie derde wegwedstryd wen,” het Willem van der Sandt, die Wessies se afrigter, gesê. Van der Sandt is ook voorspelerafrigter van die Luiperds se Cravenweekspan.
Die Klerksdorpers se sterkpunt lê juis voorlangs, waar steelkantflank, Francois Dumond, straks die Wessies se beste speler is tot dusver vanjaar. Dumond is ook welverdiend in die Luiperds se Cravenweekspan opgeneem.
Dumond en die woelige haker, Junior Kuhn, het albei die vermoë om verdedigers te klop. Terwyl Dumond aandag trek met sy direkte dryfspel, beskik Kuhn oor uitmuntende balvaardighede en flink voetwerk wat die haker in staat stel om die kontakpunt te skuif en sodoende oor die voordeellyn te kom.
‘n Hoogs interessante tweestryd wag ook tussen die agstemanne. Hugenote se Hendrik Eybers is een van die span in maroen se groot uitblinkers vanjaar met sy vermoë om oor die voordeellyn te kom en hoë werkverrigting op die verdediging. Dieselfde geld vir die Wessies se nr. 8, Hanré Venter, wat saam met Kuhn en Dumond vir die Luiperds by vanjaar se Cravenweek sal verteenwoordig.
Agterlangs sal die Hugies se buitesenter, Vian van Dyk, fyn dopgehou moet word, vernaam as hy wéér goeie voorvoetbal van losskakel, Corné Pretorius, ontvang.
Heidelberg Volkskool verwelkom vir Hoërskool Lichtenburg, maar gaan nie maklik vir die Liggies stuit, selfs op tuisbodem, nie. Die span van Noordwes geniet tot dusver ‘n hoogs suksesvolle veldtog en het, onder andere, met 12-7 koning gekraai oor hul tradisionele vyande, Hoërskool Klerksdorp, in hul jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting.
Die spanne:
Hoërskool Hugenote van Springs t. Hoërskool Wesvalia om 12:30 in Springs
Hugenote (Springs) (moontlik): 15 George Loucas, 14 Leon Jacobs, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen , 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.
Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jendre Snyman, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Xander Smit, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieter, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.
Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Lichtenburg om 13:20 in Heidelberg
Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.
Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhabs, 4 GJ Malan, 3 Juan van Rhyn, 2 Eddie du Preez, 1 JJ Jonker.
Hoërskool Secunda t. Hoërskool Pietersburg in Secunda
Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.
Hoërskool Pietersburg: 15 Celliers van der Merwe, 14 Lersich Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Brydan Retief, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Terblanche, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.
Hoërskool Ben Vorster t. Hoërskool Jeugland om 13:20 in Tzaneen
Ben Vorster (moontlik): 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.
Jeugland (moontlik): 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbwanwa, 1 Lesego Moitse.