Hopefield hoop om Charlies se angel te trek

Die Hoërskool Hopefield durf Saterdag op hul tuisveld vir Charlie Hofmeyr van Ceres aan, terwyl Hoërskool Porterville by Curro Langebaan ‘n draai maak.
Hopefield en die Charlies was albei vanjaar in rillers met Hoërskool Brackenfell betrokke. Hopefield het by die Brakkies se sportdag naelskraaps met 14-15 die knie gebuig, terwyl die manne van Ceres op hul beurt daarin geslaag het om met 15-14 die pyp te rook.
Die Hopefield verdediging was nietemin rotsvas in hulle wedstryd, met al Brackenfell se punte wat deur skoppe aangeteken is.
Luan Giliomee en kie sal dus moet uithaal om bresse in die tuisspan se verdediging te probeer slaan, met kaptein Boeta Schreuder en die res van die Hopefield-pak wat die lewe verder kan bemoeilik vir die Charlies.
Verlede naweek het Charlie Hofmeyr egter gewys dat hul voorspelers ewe effektief, en gevaarlik, kan wees, toe hulle van taktiek moes verander in ‘n winderige wedstryd teen Hoërskool Strand.
Hoërskool Porterville het in hul vorige wedstryd vir Melkbosstrand met 55-0 afgeransel, maar Curro Langebaan bied Saterdag ‘n uitdaging van ‘n ander aard.
Met loskopstut en kaptein, Joshua Paddock, wat van voor lei, sal die Curro-pak hul stempel van meet af teen die Porterville-boere wil afdruk.
Hoërskool Robertson het verlede naweek vir ‘n sterk Hoërskool Montagu-span verslaan en sal op daardie trant wil voortbou Saterdag teen Hoërskool Bredasdorp.
Hul staatmaker op heelagter, Roberto Koert, is egter teen Montagu beseer, en word vervang deur Tyron April. Bernardo Diedericks het verlede naweek weer uitgeblink vir die Robbies en is beslis ‘n speler om dop te hou.
Hopefield t. Charlie Hofmeyr om 13:20:
Hopefield: 15 Jayden Engelbrecht, 14 Anzo Bester, 13 Jarred Faulmann, 12 Du-Wayne Brains, 11 Aris Barends, 10 Evan Momsen, 9 Bronwen Williams, 8 Henro Kotze, 7 Ruan Kotze, 6 Boeta Schreuder, 5 John Evans, 4 Clint Afrika, 3 Joshua Viljoen, 2 Ando Goosen, 1 De Villiers Kotze.
Charlie Hofmeyr: 15 Jay-Jay Janse, 14 Zeph Sass, 13 Keagan Kelly, 12 Phillip du Plessis, 11 Deolyn Isaac, 10 Luan Giliomee, 9 Izha-Vin van Wyk, 8 Gerhard Goosen, 7 Tyrone Davids, 6 Daniel Bakkes, 5 Le Roux Groenewald, 4 Joshua Swarts, 3 Aaron Richter, 2 Kyle Cordosa, 1 Duran Shiba.
Piketberg t. Lutzville om 13:10:
Piketberg: 15 Ernwill Afrika, 14 Jorgan Strauss, 13 Redowan Boois, 12 Jabin Waanar, 11 Bradley Arendse, 10 Raequen Lesch, 9 Dwight Esau, 8 Jasper Smit, 7 Devon Faulkner, 6 Janco Botha, 5 Henre de Klerk, 4 MJ Visser, 3 Zuan Wessels, 2 Xander Jordaan, 1 Jordan Vilander.
Lutzville: 15 Shaun Saul, 14 Duncan Vercuil, 13 Jacquin Fortuin, 12 Ronaldinho Coetzee, 11 Keithin Visagie, 10 Leschwin Stevens, 9 Sadwon Fenskey, 8 Joop Coetzee, 7 Marvano Babery, 6 Mihan Prinsloo, 5 Adrian Landon, 4 Wian Wambach, 3 Ciaan Zandberg, 2 Wilhelm Smit, 1 Dereck Scheepers.
Bredasdorp t. Robertson om 13:10:
Bredasdorp: (Moontlik) 15 Kyle Willeman, 14 Markus de Villiers, 13 Miguyel Johnson, 12 Goni Fortune, 11 Ronaldino September, 10 Urlinn Henecke, 9 Nolez Sedras, 8 Wynand Wessels, 7 Prosper Kaitano, 6 Norte Mintoor, 5 Albert Lambrecht, 4 Alex Janse van Rensburg, 3 Liam Engel, 2 TJ du Plessis, 1 Ismail Jongie.
Robertson: 15 Tyron April, 14 Winsor de Koker, 13 Bernardo Diedericks, 12 Jaydan van Niekerk, 11 Ruwan Stevens, 10 Tyron Matthys, 9 Kyle Cedras, 8 Ethan Fourie, 7 Groban van Wyk, 6 Ivor Thompson, 5 André Gelderblom, 4 Mychal Swart, 3 Petrus Coetzee, 2 Yannick du Plessis, 1 Stephen Kent.
Curro Langebaan t. Porterville om 14:10:
Curro Langebaan: 15 Connor Adams, 14 Christiaan Rossouw, 13 Chadd Louw, 12 Jacques de Klerk, 11 Anje Lili, 10 Dequinne de Bruyn, 9 Liam Welman, 8 Cohin Rossouw, 7 Henry Shone, 6 Alec Barends, 5 John-Luke Fredericks, 4 Steph Richter, 3 Logan Paddock, 2 Liam Burke, 1 Joshua Paddock.
Porterville: 15 Howard Ocks, 14 Marvin-Lee Benjemin, 13 Ceaser Jansen, 12 MacAllistair Boer, 11 Branden September, 10 Waka Frankfordt, 9 Llewellyn Fransman, 8 Jozua Steenkamp, 7 Macglasky Jordaan, 6 Arno Venter, 5 Xavier Veloen, 4 Keanu Plaatjies, 3 Linrique Mason, 2 Ecarm Schreuder, 1 Jean Nagel.