Hoopstad bult hul spiere teen Postmasburg in Colt-liga eindstryd

Hoopstad is vanjaar se Kovsiestreekkompetisie se Colts-liga kampioene na ‘n klinkende sege van 45-14 oor Postmasburg op Shimlapark in Bloemfontein.
Kyk die eindstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Hoopstad se breker-flank AP Meyer het sy span aangevuur en kon self twee keer agter Postmasburg se doellyn gaan kuier.
Sy span het vroeg die spel beheer, en die groot loskopstut, Pieter Vosloo, was binne die eerste vyf minute al oor die doellyn vir die eerste punte.
Daar was egter ‘n tydperk in die eerste helfte waar die kampioene twee spelers aan geelkaarte afgestaan het.
Nadat hulle die aanvanklike druk van Postmasburg kon verwerk het die losskakel, Arrie Ferreira, wie nog heel seisoen vir sy span ‘n staatmaker was, tog die voordeel kon versterk met nog ‘n drie om vir hulle ‘n voorsprong van 19-0 teen lemoentyd te besorg.
Ferreira was weer sentraal tot sy span se sukses, en kon ook vyf van hul drieë verdoel.
In die tweede helfte kon Postmasburg sy ritme meer vind, grotendeels te danke aan sy senterpaar, Boago Toli en Mandre Maritz, en hul vleuel Eugene Makhubedu.
Hulle kon twee vinnige drieë na mekaar druk deur hul flank, Bradley Clarke, en die vlugvoetige Toli, om die agterstand na 31-14 te krimp.
Hoopstad kon egter die sege verseker deur nog twee drieë deur sy heelagter, Busi Mfebe, en agtsteman, Jurgens Human.
Hoopstad se o.16 span het verlede jaar hul ouderdomsgroep eindstryd met 26-24 teen Curro Kathu gewen. Spelers soos Hennie Barnard (senter) was in daardie groep, en dit lyk asof hulle volgende seisoen weer ‘n sterk groep gaan wees wat die titel sal probeer verdedig.
Barnard was in hierdie wedstryd weer elektries en kon ook aanteken terwyl sy span tot 13 spelers verminder was.
Postmasburg het baie goed gedoen om hul groot teenstanders in toom te hou, maar die kampioene was eenvoudig te sterk op die dag.
Puntemakers:
Hoopstad 45 (19) – Drieë: AP Meyer (2), Pieter Vosloo, Hennie Barnard, Arrie Ferreira, Busi Mfebe, Jurgens Human. Doelskoppe: Ferreira (5). Postmasburg 14 (0) – Drieë: Boago Toli, Bradley Clarke. Doelskoppe: Lorenzo Hael, Emmanuel van der Merwe.
Ander uitslae:
o.16 – St Andrews 17, Brandfort 12
Die spanne was:
Postmasburg: 15 Lorenzo Hael, 14 Carlo de Beer, 13 Boago Toli, 12 Mandre Maritz, 11 Eugene Makhubedu, 10 Emmanuel van der Merwe, 9 Maseru Koaho, 8 Omphile Moemedi, 7 Phumezo Nel, 6 Bradley Clark, 5 Nilyne Morris, 4 Paul Murray, 3 Koketso Pule, 2 Evando Markus, 1 Bradley Mophatlheng.
Hoopstad:15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsenach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Jurgens Human, 7 AB Muller, 6 AP Meyer, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.