SuperSport Schools Plus

Hoërskool Framesby mik vir Top 10 by DStv School Netball Challenge

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2023-07-17 Tags: ,

Die hoogs verwagte DStv School Netball Challenge skop hierdie naweek vanaf 21ste tot die 23ste Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort af – ‘n opwindende kompetisie tussen van die beste netbalspanne in die land.

Onder die skole wat meeding om glorie in die DStv School Netball Challenge, staan Hoërskool Framesby, van die Oos-Kaap, hoog op as ‘n aanspraakmaker in hierdie gesogte toernooi.

Met hul visier daarop om onder die top 10 te eindig, is die span van Framesby gretig om hul talent ten toon te stel en sal hul grootste uitdaging sal na verwating Paarl Girls High wees.

‘n Uitblinker in die Framesby-span en verseker ‘n speler om dop te hou, is die doel, Leila Nel, wat gedurende die vakansie as die tweede beste doel op Telkom Netball Championship aangewys is.

Agter die skerms speel Carina O’Niell ‘n deurslaggewende rol as die span se bionetikus en Charmaine Beetge as die span se afrigter wat die spelers lei en motiveer om op hul beste te presteer.

Framesby is deel van Poel D vir die nasionale eindronde, waar hulle teen formidabele teenstanders te staan kom. Die poel sluit in Thakamiso van die Vrystaat, Hoërskool Pietersburg van Limpopo, Iketletso van die Noordwes-provinsie, Curro Shoshunguve van Gauteng en Paarl Girls’ High van die Wes-Kaap.

Framesby sal Vrydag om 09:20 in ‘n uitdagende ontmoeting teen Paarl Girls’ High te staan kom asook teen Thakamiso om 12:40 en Curro Shoshungu om 14:40.

Saterdag sal hulle Iketletso om 10:00 op die baan pak en hul laaste poelwedstryd sal om 13:20 teen Pieterburg wees.

Die kompetisie beloof om intens te wees, met elke span wat meeding vir ‘n kans om hul plek in die uitklopfases te verseker.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.