Hoër Meisieskool Paarl en Oranje kop-aan-kop vir Wildeklawer-glorie
Drie van Vrydag se onoorwonne netbalspanne kon Saterdag hierdie status by die Wildeklawer-sporttoernooi in KImberley behou het.
Paarl Girls’ High, Oranje Meisieskool en Rustenburg het vir geen teenstander terug gestaan nie.
Paarl Girls’ High se paaie het eerste met die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) gekruis en hul van hul status as een van die onoorwonne spanne gestroop deur hul 27-22 te wen.
Die Paarliete het ook oortuigende oorwinnings teen die gasheer, Hoërskool Diamantveld (33-6) en Hoërskool Sentraal (28-13) gehad.
Oranje se vinnige en akkurate spel het Bloemhof (21-15) en Durbanville (29-19) laat les opsê en die Bloemfonteiners het die Pretorianers, Waterkloof (27-15) vir die derde keer die jaar gewen.
Rustenburg wat ‘n indrukwekkende spelpeil tydens die toernooi getoon het, het Sentraal (19-6) en La Rochelle (29-22) op die tweede dag kaf gedraf en in hul kragmeting teen Affies ‘n gelykopslag (26-26) behaal.
Die gasheer het tot dusver geen sukses gehad en al ses hul wedstyde in die twee dae verloor.
Affies het buiten hul nederlaag teen Paarl Girls High en gelykop teen Rustenburg, Garsfontein (27-8) pak gegee.
Waterkloof het op die tweede dag van die toernooi gesukkel en al vier wedstryde, Menlopark (39-19), Helpmekaar Kollege (31-16), Oranje (27-18) en Paarl Gimnasium (30-21) verloor.
Uitslae – Dag 2:
La Rochelle 27, Sentraal 17; Menlopark 39, Waterkloof 19; Durbanville 25, Helpmekaar Kollege 25; Garsfontein 18, Diamantveld 9; Paarl Girls’ High 27, Affies 22; Oranje 21, HMS Bloemhof, 15; Helpmekaar Kollege 31, Waterkloof 16; Garsfontein 22, Sentraal 22; Rustenburg 29, La Rochelle 22; Menlopark 27, Paarl Gimnasium 19; Oranje 29, Durbanville 19; Paarl Girls’ High 33, Diamantveld 6; Rustenburg 26, Affies 26; Paarl Gimnasium 26, HMS Bloemhof 20; Oranje 27, Waterkloof 18; Paarl Girls’ High 28, Sentraal 13; La Rochelle 23, Diamantveld 9; Menlopark 29, Durbanville 18; Helpmekaar Kollege 24, HMS Bloemhof 22; Affies 27, Garsfontein 8; Rustenburg 19, Sentraal 16; Paarl Gimnasium 30, Waterkloof 21.