SuperSport Schools Plus

Heidelberg Volkies voor groot toets in Skild-afdeling van SDC Noordvaal Cup

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2023-06-02 Tags: , ,

FOTO: Ginger Snaps Photography

‘n Groot toets wag Saterdag op Heidelberg Volkskool wanneer die fluitjie om 12:20 vir sy SDC Noordvaal Cup kragmeting in die Skild-afdeling teen Oos-Moot op laasgenoemde se tuisveld in Pretoria vir die afskop blaas

Oos-Moot geniet sover n droom seisoen met slegs een nederlaag tot dusver, teen n baie omgekrapde span van Noordheuwel vroeer in die seisoen. Die manne van die Moot het al ‘n paar groot oorwinnings op hulle kerfstok hierdie seisoen teen spanne soos Hoërskool Rustenburg (37-30) en Hoërskool Middelburg (29-10).

Oos-Moot beskik oor verdediging uit die boonste rakke en sal Heidelberg wil vaspen in hulle eie helfde.

Dit bring hulle spelskepper en vuurvreter agtsteman, Gert-Hendrik Grobelaar, asook die vlugvoetige seweflank, Lehan Janse van Vuuren, in spel wat n groot gevaar vir Heidelberg kan inhou.

Heidelberg aan die ander kant is nie n span om te onderskat nie, en spog self met fantastiese uitslae tot dusver met n gelykop telling van 21-elk teen Menlopark asook ‘n goeie wen teen Middelburg (13-11).

Heidelberg is geneig om baie gevaarlik te wees van opposisie foute af, en met hul flank Francois le Roux wat konstant n doring in die vlees sal wees by die afbreekpunte, hoop die Volkies om verdediging om te sit in aanvalsrugby en hulle twee gevaar manne in die middelveld los te laat.

Dit gaan 70 minute van armdruk-rugby wees met albei spanne wat baie dieselfde spel patrone volg.

Die vraag is dus dan Dames en Here, watse een van hierdie twee spanne wil dit die meeste hê?

Die spanne:

Oos-Moot vs Heidelberg Volkskool om 12:20 in Pretoria: 

Oos-Moot: 15 Jeandre de Bruyn, 14 Jaydon La Douce, 13 Stian Oosthuizen, 12 Ruwan Allen, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Charl van der Sluis, 9 Jacques Benade, 8 Gert-Hendrik Grobler, 7 Lehan Janse van Vuuren, 6 Nathan Kleynhans, 5 Jaydon Botha, 4 Zander Kumm, 3 Christian Smith, 2 Ryan Scott, 1 Braam Bezuidenhoud.

Heidelberg Volkskool: 15 Kayle Venter, 14 Jeandre Kleinhans, 13 Joshua Booysen, 12 Ruduwaan Rodgers, 11 Rhys Thompson, 10 Keane Duckitt, 9 AJ Engelbrecht, 8 Daniel Jordaan, 7, Daniel Munro, 6 Francois le Roux, 5 Joshua Munro, 4 Wilco van Rensburg, 3 Handré Strydom, 2 Dian la Grange, 1 Lian Pelzer.

Hugenote vs Ben Vorster om 12:30 in Springs: 

Hugenote: 15 Leon Jacobs, 14 Ruan van Biljon, 13 Jason Joubert, 12 Vian van Dyk, 11 Tiaan Smit, 10 Corné Pretorius, 9 Miguelle Schoultz, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Anthony Smith, 5 Zandré van der Schyff, 4 Xavier Ungerer, 3 Liam Davidtz, 2 Aiden Mazirel, 1 Henré Oosthuizen.

Ben Vorster (moontlik): 15 Neo Sephuma, 14 Tristan Buglass, 13 Tihandré Reynecke, 12 Chadwin Storm, 11 Ruan Sutherland, 10 Divan Spangenberg, 9 Cilliers van Heerden, 8 Aza Mabe, 7 Laython Nel, 6 Mias Koen, 5 Aldo Blignaut, 4 Nkateko Phakula, 3 Musekene Makondelele, 2 Ben Mashele, 1 Chris Snyman.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.